Bekyk die Knysna-bos deur die oë van Dalene Matthee

AJ Opperman onthou die lewe en werk van Dalene Matthee, wie se geboortedag ons vandeesweek herdenk.

Ilse Salzwedel gesels met Helené Coetzee van Kaapstad oor twee van haar geliefkoosde boekplekke: die Mothercity Bookclub, en Kaapstad se Silent Bookclub.

In Johan Myburg se internasionale nuus vertel hy waarom die pas aangewese Nobelpryswenner, Han Kang, geweier het om ‘n perskonferensie te hou oor haar bekroning, en ons vind meer uit oor die memoir wat die skrywer Siri Hustvedt tans skryf oor haar skrywerman, wyle Paul Auster.

In ‘n lekker nostalgiese terugblik kry luisteraars die kans om die Knysnabos deur die oë van wyle Dalene Matthee te bekyk. Dis nou danksy ‘n 1985-hoorbeeld uit die argief waarin Dalene, haar man Larius, haar destydse uitgewer, dr. Annari van der Merwe, en wyle Nic Swanepoel saam die beroemde woud besoek het.

BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Jy kan hoor hoe Dalene Matthee aan die verhaal van FIELA SE KIND gekom het. Haar uitgewer, dr. Annari van der Merwe, wat jy ook in die hoorbeeld gehoor het, gesels met Dalene. En as jy nog altyd wou skryf, luister gerus na Dalene se raad wat sy in 1985 vir studente aan die destydse Potchefstroomse Universiteit gegee het.

Hoe word jy ‘n ingenieur?

Hoe word jy ‘n ingenieur? Barrie Ferreira vind meer uit van ingenieurswese as ‘n studierigting, en hoe jy kan uitvind of dit vir jou is.

Klein olyfboerdery maak groot verskil

Aan die voet van Kasteelberg, neffens Riebeek-Kasteel, is daar ‘n klein olyfboerdery wat ‘n gróót verskil maak. Die Goedgedacht Trust boer al drie dekades lank met hoop én impak om die Swartland ‘n beter plek te maak vir landelike gemeenskappe. Vanjaar is dié olyfboerdery geseën met ‘n rekord-oes. Volgens Pieter Brand, Goedgedacht se plaasbestuurder, is die oes van 150 ton olywe nie net hulle tweede grootste ooit nie, maar ook hulle hoogste gemiddelde oesopbrengs teen 17% per blok. Boerdery en gasvryheidsaktiwiteite is noodsaaklik om die Goedgedacht Trust se ontwikkelingswerk moontlik te maak.

Só krimp jou woordeskat

Jana Luther van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal praat oor Afrikaans se woordeskat; die woordeskat van ‘n gemiddelde huistaalspreker van Afrikaans, en hoe ‘n mens se woordeskat uitgebrei en verklein word.

Hoekom is die tuatara so spesiaal?

Waarom is die tuatara (wat lyk soos ‘n akkedis) so spesiaal dat hy ‘n orde van sy eie het?

Wanneer die maan, aarde en die son in lyn is, hoe kan mens hulle almal sien?

Is ons suiwelprodukte veilig vir menslike gebruik?

Die Suiwelstandaardagentskap poog voortdurend om te verseker dat suiwelprodukte in Suid-Afrika veilig vir menslike gebruik is. Met die uitbreiding van hulle laboratorium, sal daar eersdaags vir brusselose in melk getoets kan word. Jompie Burger praat hieroor en ander toetse wat in die pyplyn is.

Hannes Bruwer van Genade Boerdery is aangewys as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hulle diverse boerdery in die Hopetown-omgewing bestaan onder meer uit koring, erte, lusern, groente, wild en skape. As besproeiingboer gesels hy ook oor die planne wat hulle moes maak om tydens beurtkrag volhoubare produksie te verseker.

Fetale alkohol spektrum afwykings: wat jy moet weet

Suid-Afrika het by verre die hoogste voorkomsyfer van Fetale Alkohol Spektrum Afwykings ter wêreld. Dr. Leana Olivier, die bestuurshoof van die Foundation for Alcohol Related Research, vertel wat die oorsake is, en watter werk hulle in gemeenskappe doen.

“Die SKA is nie welkom in die Karoo nie”

“Die SKA is nie welkom in die Karoo nie.” Dié woorde is duidelik te sien tussen Vosburg en Carnarvon. Ons vind uit waarom, en ons praat met Brand du Toit van die SKA Forum hieroor.

Die rol van prikkelvoeding by skape kom onder bespreking. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie het as deel van hulle algemene jaarveradering ‘n varkfees aangebied. Ons praat met dr. Peter Evans oor die fees, die stand van die bedryf, en dieregesondheid.

Wat is die beste grondbewerkingspraktyke, plantdiepte en grondtemperature?

Mauritz van Heerden van Pioneer Saad praat oor doeltreffende grondbewerkingspraktyke vir gewasproduksie, ideale plantdiepte en grondtemperature.

Pieter van Zyl van PGL Boerdery in die Schweizer-Reneke-omgewing is een van drie finaliste in Graan SA se Graanprodusent van Jaar-kompetisie. Ons gesels met hom oor hulle boerdery, wat hoofsaaklik op mielies en sojabone fokus.