Tumelo se onvergeetlike matriek-afskeid

Tumeo Diale en Thembi Jane Buys, die twee wenners van RSG en die Elizabeth Galloway Academy of Fashion se matriekafskeid-projek, kan spog met hulle droompak en -rok wat deur dié modehuis ontwerp is.

Tumelo Diale se matriekafskeid het op 4 Oktober plaasgevind en saam met Elizabeth Galloway Academy of Fashion, het RSG seker gemaak dat hy die pak van sy drome kon aantrek.

RSG se luisteraars, personeel en sakeondernemings het bygedra om hierdie dag vir hom ekstra spesiaal te maak.

Tumelo is in Makhulong kinderhuis in Pretoria 
”Tumelo werk akademies baie hard en het goeie punte, hy is ook gekies as leier by Edendale Hoërskool. Hy styg absoluut uit bo sy omstandighede. Hy wil eendag graag “Forensic Accounting” gaan studeer, sê sy huisma, Khelina Nkosi.

Tumelo is genomineer
deur Wilna Rocher, deel van Doxa Deo Kameeldrift wat elke 2 weke uitreik na die kinderhuis.

Dit verg inderdaad ‘n gemeenskap om drome waar te maak. Ons bedank graag die volgende borge en vennote:

  • Fiona Abdo en haar span van Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design vir Tumelo se pragtige en unieke pak!
  • Studio 47 House of Fashion Fabrics in Somerset-Wes in die Wes-Kaap het die lap geskenk vir die pak.
  • Tumelo kon by Bushman’s Rock Country Lodge aantrek en reg maak vir die groot dag.
  • Vorster en Steyn prokureurs vir hul finansiële bydrae, sowel as elke luisteraar wat bygedra het
  • Purple Carrot Jewellery vir die mansjetknope en dasspeld.
  • Die anonieme skenker vir die sportmotor.
  • Marlene Birkholtz het die dag op kamera vasgevat.
  • Legends Barbershop het gesorg vir Tumelo se legendariese haarsnit.










RSG se Jaco de Waal het die dag saam met Tumelo spandeer. Baie dankie, Jaco! Tumelo het dit baie waardeer.

Thembi Jane Buys se matriekafskeid is op 6 Desember. Ons laat weet jou binnekort hoe jy  betrokke kan raak.

Lees meer oor die projek

Verminder só verdamping van plaasdamwater

Annalene Swanepoel, hoof van die Direktoraat Plantwetenskappe by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gee ’n oorsig van die navorsingsprojekte wat die afgelope jaar onderneem is.

Die verdamping van plaasdamwater is iets wat veral gedurende die somermaande op die voorgrond is. Cobus Meiring van die Tuinroete Omgewingsforum sê dit kan aan die hand van innovasie met sukses verminder word.

Professor Stephanie Midgeley praat oor die jongste uitgawe van Smart Agri Barometer. Dr. Chris de Brouwer was tot onlangs ‘n wetenskaplike bestuurder by die Departement Landbou in die Wes-Kaap. Dié afgetrede veekundige verduidelik hoe klimaatverandering navorsing oor vier dekades beïnvloed het.

Boere ontsteld oor beeste wat vermink en geslag word

Verskeie landbouorganisasies het die afgelope tyd hulle ontsteltenis uitgespreek oor ‘n onlangse reeks gevalle waar beeste in die Vrystaat vermink en geslag is. Ons praat hieroor met Louis Wessels van die Veediefstalvoorkomingsforum.

Ons vind meer uit oor die gewildste vrug ter wêreld, piesangs. Alhoewel Suid-Afrika slegs na ons buurlande uitvoer, kan ons spog met wêreldklas navorsing oor dié vrugte. Suné Wilshire van Du Roi Laboratorium by Letsitele vertel meer.

Daar is soos altyd nuus oor vleispryse en weervooruitsigte.

Landbou: Hoe om seker te maak jy produseer stroopsoet vrugte

Vrugteprodusente boer met suiker, ongeag die gewas. Só sê Kenny Beeton van Nutrico. Hy verduidelik watter elemente suikervlakke beïnvloed, en hoe om dit te bestuur.

Tegnologie uit Noorweë het dit vir ‘n plaaslike kuilvoervervaardiger moontlik gemaak om kuilvoer in grootmaat te maak en te versprei, maar waarom is die proses só ingewikkeld? Ons gesels ook met Tanel du Plooy van die Raad vir Landbouprodukte-agente oor die rol van dié raad.

Louis Liebenberg: Waarom het mense hom aanhou glo?

Die vermeende diamantswendelaar, Louis Liebenberg, en sy meelopers verskyn môre weer in die hof nadat hulle al ‘n week agter tralies is. Volgens die klagstaat het Liebenberg duisende mense uit meer as R4 miljard geswendel met sy beloftes oor reuse opbrengste in sy sogenaamde diamantpakkies.

Jana van der Merwe is die ondersoeke-redakteur van Netwerk24 en is een van die joernaliste wat omvangryk die afgelope twee jaar oor Liebenberg berig. Sy sluit by ons aan.

Hier is al ons Matriek-hersiening!

Ons bied vanjaar weer Matriek-hersiening aan om ons matrieks te help. Hier is die skedule van uitsendings vanaf Dinsdag 17 September.

Die eksamen begin op 21 Oktober.

En as jy iets misgeloop het, is ons potgooie gereed vir jou. Ons sal ook die potgooie in hierdie tabel voeg sodat jy alles byderhand het.

Skakel in op RSG in die Kompas tydgleuf om 19:30.

Lekker leer!

Datum van Uitsending

Vak

Eksamen datum

Dinsdag 17 Sept Engels Eerste Addisionele Taal
Vraestel 3Ons doen hersiening saam met Juffrou Natalie Goetsch.
21 Okt 09:00
Donderdag 19 Sept Afrikaans Huistaal Vraestel 3

Ons doen hersiening saam met Juffrou Anita Voges.

21 Okt 14:00
Dinsdag 24 Sept Besigheidstudies

Ons doen hersiening met Juffrou Helena van Zyl.

23 Okt 09:00
Donderdag 26 Sept Inligtingstegnologie Vraestel 1 en 2 (Prakties en Teorie)

Ons doen hersiening met Meneer Jacques Louw.

23 Okt  Vraestel 1 09:00
& Vraestel 2 6 Nov 14:00
Dinsdag 1 Okt Engels Eerste Addisionele Taal
Vraestel 1 en 2
Ons doen hersiening saam met Juffrou Michelle Rhoda.
28 Okt 09:00
& Vraestel 2 13 Nov09:00
Donderdag 3 Okt Wiskundige Geletterdheid
Ons doen hersiening saam met Juffrou Alexa van Wyk.
1 Nov Vraestel 1 09:00
& Vraestel 2 4 Nov 09:00
Dinsdag 8 Okt Wiskunde
Ons doen hersiening saam met Meneer Drico Snyman van Hoërskool Oos-Moot.
1 Nov Vraestel 1 09:00
& Vraestel 2 4 Nov 09:00
Donderdag 10 Okt Geografie
Ons doen hersieningsaam met Meneer Glen Samaai, senior kurrikulumbeplanner by die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.
5 Nov Vraestel 1 09:00
& Vraestel 2 21 Nov 09:00
Dinsdag 15 Okt Rekenaartoepassingstegnologie
Vraestel 2 (Teorie)

Ons doen hersiening saam met Juffrou Luzaan Pieters, vakadviseur in die Overberg-distrik.

5 Nov Vraestel 2 (Teorie) 14:00
Donderdag 17 Okt Fisiese Wetenskappe
Vraestel 1 & 2Ons doen hersiening saam met Juffrou Chloe van Aarde, vakadviseur vir die onderwysdepartement in die Wes-Kaap.
8 Nov Vraestel 1 (Fisika) 09:00
& Vraestel 2 11 Nov 09:00
Dinsdag 22 Okt Ekonomie

Ons doen hersiening met juffrou Clemizia Cupido, vakadviseur in die Eden en Sentraal Karoo Onderwysdistrik.

12 Nov Vraestel 1 14:00
& 19 Nov Vraestel 2 14:00
Donderdag 24 Okt Rekeningkunde

Ons doen hersiening saam met Juffrou Helouise Pretorius van Langenhoven Gimnasium in die Klein Karoo.

14 Nov Vraestel 1 09:00
& Vraestel 2  22 Nov 09:00
Dinsdag 28 Okt Lewenswetenskappe

Ons doen hersiensiening saam met mnr. Jean Goliath, adjunkhoof en  interne moderator vir Lewenswetenskappe Vraestel 2.

15 Nov Vraestel 1 09:00
en Vraestel 2 18 Nov 09:00
Donderdag 31 Okt Afrikaans Huistaal
Vraestel 2

Ons doen hersiening van Afrikaans Huistaal Vraestel 2 saam met dr. Nico van Niekerk, adjunkhoof van die Hoërskool Linden.

19 Nov Vraestel 1 09:00 en
Vraestel 2 25 Nov 09:00

 

Minister gee aandag aan parool-probleme

Daar is ‘n enkele kriminoloog in die hele korrektiewe dienstestelsel wat paroolaansoeke moet beoordeel. Volgens Daily Maverick is hierdie kriminoloog in Kaapstad gebaseer, en moet elke aansoek om parool na dié individu verwys word.

Volgens die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, is daar darem lig aan die einde van die tonnel, wat die agterstand in die verwerking van paroolaansoeke betref.

Borskanker #1: Mammogramme; 4 verskillende soorte borskanker

Kan ‘n radioloog ‘n knop op ‘n mammogram sien voordat ‘n vrou dit kan voel? Hoe onderskei ‘n radioloog tussen ‘n kankerknoppie, fibrotiese weefsel en ‘n sist in ‘n bors? Het jy geweet dat daar minstens vier verskillende soorte borskanker is, en dat elkeen se behandeling anders is?

Mari Hudson vind meer uit by ‘n radioloog en ‘n onkoloog in deel 1 van ‘n kort reeks oor borskanker.