Só verander babas jou brein en hart

Johan van Lill praat met Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en ’n internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, oor hoe babas jou brein en hart verander, en die impak daarvan op jou geestesgesondheid.

RSG is vir 8 Telkom SA Radiopryse benoem

RSG is vir agt Telkom SA Radiopryse benoem. Die gala-prysaand word vanjaar op Saterdag 30 November in Johannesburg gehou.

RSG Geldsake is benoem as beste sake-en-finansiesprogram, die radiodramas Lam vir die Pase en Soete drome is albei as beste drama program benoem, Brandpunt is as beste nuus-en-aktualiteitsprogram uitgesonder, Marietta Kruger is as beste nuusleser benoem en RSG Sport, aangebied deur Carla McKenzie, is as beste sportprogram benoem.

RSG en AVBOB se regstreekse huldigingskonsert vir die digter Diana Ferrus is as beste aanbieding of promosie benoem en RSG en 7de Laan se matriekafskeidprojek is as beste gemeenskapsprojek benoem.

Die benoemings vir lewensprestasiepryse asook Stasie van die Jaar word aanstaande week aangekondig

Marthlé Smit is Bakgat-wenner

Marthle Smit

Marthlé Smit van Gqeberha het met haar muesli, bosbessie en sjokoladebeskuit die eerste wenner geword van RSG en Virseker se Bakgat-beskuitkompetisie en ‘n pryspakket ter waarde van meer as ‘n halfmiljoenrand losgeslaan.

Die top5-finaliste se beskuit is op lug geproe tydens ‘n regstreekse buite-uitsending met RSG se Derrich Gardner en Renske Jacobs vanaf Virseker se kantore in Johannesburg, waarna die wenners aangewys is.

“Ek wag nog dat dit moet insink! Alles voel so onwerklik,” het Marthlé gesê.

Dominique Stander het die tweede prys ontvang en Genevieve Cillié die derde prys. Elkeen het ‘n kontantprys van R10 000, geborg deur Virseker, ontvang.

Die kompetisie is op Erfenisdag vanjaar op RSG geloods en die stasie is oorval met inskrywings. Meer as 1 500 inskrywings van regoor die land het opgedaag. Luisteraars moes 24 stukkies beskuit instuur, saam met ‘n volledig voltooide inskryfvorm.

Daar is tydens ‘n uitdunronde geproe en toe is altesame 72 finaliste aangewys. Hierdie 72 baksels is op lug deur bekendes en omroepers geproe, terwyl ‘n streng puntestelsel en kriteria gevolg is.

Die Top-5 beskuitbakkers, met die wenner, Marthle Smit, heel regs.

Heloise Erasmus van Bethal met haar outydse karringmelkbeskuit; Petra Groenewald van Springs met haar kersiebeskuit; Dominique Stander van Alberton met haar “Death by Chocolate”-beskuit; Genevieve Cillié van Vereeniging met haar witsjokolade-en-bosbessiebeskuit; asook Marthlé Smith van Gqeberha met haar muesli-bosbessie-en-witsjokoladebeskuit was die top5-finaliste.

Die beoordelaars wat die top5-finaliste se splinternuwe baksels beskuit op lug geproe het, was Andriëtte de la Harpe (eienaar van Mondvol maar ook die mentor vir die Bakgat-wenner); Carina Johnson (kleindogter van dié Ouma van Ouma-beskuit en ook mede-eienaar van The Little Deli in Linden); Johanni Jennings (Virseker se hoof van bemarking); Riaan Pretorius (hoofregsadviseur en groepsmaatskappysekretaris van Virseker) asook die akteur en skrywer Zane Meas.

“Die veldtog spreek tot ons harte, want ons voel Virseker en Afrikaans gaan hand aan hand soos koffie en beskuit,” het Jennings gesê.

“Ons voel ook RSG deel ons liefde en opwinding vir Afrikaans. So, om hande te kon vat met RSG met ‘n projek soos dié waar ons Afrikaans-wees vier en die gemeenskap deel maak van die projek was vir ons ‘n geleentheid wat ons eenvoudig net nie van die hand kon wys nie.”

Volgens Louise Jooste, RSG se sakebestuurder, is die stasie oorweldig deur die passie van die deelnemers asook hul verskeidenheid baksels. “Deelnemers se menswees is vertoon deur hul beskuit wat met soveel liefde en moeite voorberei is.

“Daar was vele briefies, foto’s, versierings en selfs ‘n tuisgemaakte karton-vertoonoondjie wat ontvang is. RSG se luisteraars is werklik die beste! Nogmaals dankie aan elke deelnemer. Mag julle idees en dryfkrag vir julle vele deure open,” het Jooste gesê.

Die algehele wenner se pryspakket bestaan uit ‘n kontantprys van R20 000 geborg deur Virseker; R350 000 se lugtyd op RSG; mentorskap deur De la Harpe en die ontwikkeling van die korporatiewe identiteit van die wenner se onderneming.

Suid-Afrika se eerste Michelin-stersjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen, gee aan die wenner ‘n reklamepakket van R100 000 in die tydskrif JAN The Journal.

Dié prys is saamgestel om die wenner in staat te stel om sy/haar eie onderneming te kan begin, en om entrepreneurskap in Suid-Afrika te bevorder.

Die wenners van die tweede en derde plek ontvang ook elk R10 000 vanaf Virseker. Die vierde en vyfde plekwenners ontvang elk R5000 vanaf Virseker. En Panne-man gee ook vir elk van die vyf finaliste ‘n beskuitpan.

RSG het ‘n jarelange vennootskap met Winterhoop, wat takke landwyd het. Winterhoop gaan die oorblywende beskuit-inskrywings aan behoeftige mense versprei.

Die luisterryke uitsending en bekroningsgeleentheid het verder opslae gemaak toe 13 November elke jaar tot Nasionale Beskuitdag verklaar is.

Ja, jy kan beskuit bestel by die Top-5

Hier is die top-5 se epos adresse indien jy beskuit by hulle wil bestel:

Marthlé Smith se muesli, bosbessie en wit sjokolade beskuit: marthlesmith@outlook.com

Dominique Stander se Death by Chocolate beskuit: nikkistander7@gmail.com
Genevieve Cillié se white chocolate en cranberry beskuit: biscotti@bietjieietsanders.co.za
Petra Groenewald se kersiebeskuit: bestel op Whatsapp: 082 258 6192
Heloise Erasmus se outydse karringmelkbeskuit: merasmus@bethalmail.co.za

 

Vir meer inligting besoek rsg.co.za of die stasie se sosiale media.

Lees en luister ook:
https://www.rsgplus.org/bakgat/

Bakgat-kompetisie: Die wenner is…

Marthle Smith van die Baai

RSG en Virseker se Bakgat-beskuitwenner is Marthle Smith van Nelson Mandelabaai.

Dominique Stander van Alberton is in die tweede plek (R10000) en Genevieve Cillié van Vereeniging in die derde plek (R10000). Petra Groenewald van Springs stap weg met die vierde prys (R5000) en Helena Erasmus van Bethal in die vyfde plek (R5000).

Marthle se prys, wat R560000 werd is, sluit in:

    • R20 000 in kontant geborg deur Virseker
    • R350 000 se lugtyd op RSG
    • Mentorskap deur Andriëtte de la Harpe, eienaar van die onderneming Mondvol, wat ook naaswenner was in MasterChef Suid-Afrika se Vierde Seisoen; asook
    • Die ontwikkeling van jou onderneming se korporatiewe identiteit.
    • Spesiale dekking en ‘n artikel in JAN the Journal, die tydskrif van Michelin chef Jan Hendrik van der Westhuizen
Die Top-5 beskuitbakkers, met die wenner, Marthle Smith, heel regs.

RSG het 13 November as Nasionale Beskuitdag verklaar.

Altesaam 1510 baksels beskuit is geproe om eers die Top-72 te identifiseer en vandag is die Top-5 bekend.

Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hul beste baksels verras het.

Hier is die Top-5, en die puntetellings van die Top-72

 

NAAM EN VAN

NAAM VAN BESKUIT

VANWAAR

PUNTE
UIT 200

Top-5
Genevieve Cillie
White Chocolate & Cranberry Vereeniging 191
Top-5
Marthle Smith
Muesli, Bosbessie en wit sjokolade beskuit Gqeberha 178
Top-5
Helena Erasmus
Outydse karringmelk beskuit Bethal 178
Top-5
Dominique Stander
Death by Chocolate Alberton 174
Top-5
Petra Groenewald
Kersiebeskuit Springs 174
Lillian Bester Virseker die Bakgatste karringmelk Strand 173
Adele Hamman Gesondheidsbeskuit Fouriesburg 173
Engela  De Villiers Karringmelk beskuit met ‘n kinkel Pretoria 172
Celeste Herman Hemelse happies Malmesbury 169
Carle Viljoen Karringmelk beskuit met ‘n kinkel Boksburg 169
Helene Pretorius Gesondheidsbeskuit Durbanville 168
Sarene Matthysen Choc Chip Health rusk George 168
Theunis Pieters Anys beskuit Brentwoodpark 168
Andries Iain Macrae Klapper beskuit Sandton 168
Rosa de Klerk Staptoer beskuit Bloemfontein 167
Pierre Lombard Pierre se skurwejantjie beskuit Strand 166
Wilhemina Benson Ontbytbeskuit Virginia 166
Alet du Preez Cranberry All bran beskuit Pretoria 165.5
Ulla Pakendorf-Loubser Boere Biscotti Randburg 164
Elsa Botha Muesli beskuit Potchefstroom 164
Martha Swart Choc chip peanutbutter beskuit Lyttelton 163
Margaret du Toit Vastrap semel beskuit Paarl 163
Maria Fourie & Elsie Romanczuk Rooibos Saadbeskuit (ma & dogter span) Pretoria 162.5
Tersa Booysen Cherry beskuit Krugersdorp 162
Susanna Elizabeth Meyer Vatlap beskuit Pretoria 162
Naomi Morrison Naomi se Semel Droom beskuit Langebaan 161
Hester Van Vittert Ontbytbeskuit Groenkloof, Pretoria 160
Isabel Elizabeth Cadle Bella Donna gesondheidsbeskuit Stilbaai 160
Minnie Jansen van Vuuren Marmelade en Bessie beskuit Nylstroom 157
Dorothy Symons D’s Rusk George 157
Rene Havenga Pekanneutbeskuit Burgersdorp 155
Margrietha Johanna Steyn Makarios se All-bran beskuit Augrabies 154
Scharizna Roesch Pecan en Berry muesli beskuit Roodepoort 154
Susan Combrink Melktert beskuit Reebok 154
Petro Nortje Kersfees beskuit Christiana 153
Sarah Koekemoer Sunshine’s Muesli Rusks Hermanus 153
Louise Venter Tannie Stienie se Pronutro Beskuit Bloemfontein 152
Elizabeth Anna Erasmus Wortelkoek beskuit Modimolle 152
Johan Barnard Oupa se karringmelk Port Elizabeth 152
Sonette de Kock Anys Scottburgh 152
Olivia Lucille Cunningham Buttermilk rusks Thornham, Oos-Kaap 151
Ursula Fourie Paasbolletjie Genot Steytlerville 151
Elizabeth Groenwald Gaatjie-stopper-beskuit Roodepoort 150
Linda Van Aswegen Neutbeskuit Roodepoort 149
Elise Moorcroft Moo se lekker beskuit Struisbaai 148
Hannes Pienaar Make my day Gesondheidsbeskuit Kathu 148
Danie Swan Karringmelk met ‘n kinkel Pretoria 147
Katrin Knecht Klapper beskuit Jeffreysbaai 145
Izanne Barnard Nutty Bran beskuti Gqeberha 145
Alichia Louw Heerlike Gesondheidsbeskuit Nelspruit 144
Ilze Pont Karringmelk beskuit Naboomspruit 144
Karin du Plooy Kers Jolyt Bloemfontein 143
Rozelle Speed Rosie se growwe skuitjie Kaapstad 142
Veronica Uitenweerde Tropical Vanderbiljpark 142
Elzette Giliomee My ouma Iris se karringmelk Paarl 141
Jo-Mari Jacobs Sitrus beskuit Centurion 141
Zelda Erasmus 4 Sade Empangeni 140
Leon Van Eeden Paradys Karringmelkbeskuit Roodepoort 137
Hannatjie Roets Vrugte beskuit Secunda 137
Morgan Shaw Kookwater Anysbeskuit Rooihuiskraal 137
Leana Oberholzer Gesondheidsbeskuit Pretoria 136
Babs Hattingh Karringmelk Limpopo 134
Wilna Jackson Kersie en klapper Durban 134
Jeanette Smal Mam G se lekker Beskuit Swartruggens 133
Beulah Barnard Pekanneutbeskuit Port Elizabeth 132
Lawrette Kabanuck Romerige Karringmelkbeskuit Grootbrak Rivier 131
Martha Johanna Olivier Gesondheidsbeskuit met suurlemoen en wit sjokolade Bethlehem 128
Myra Harms Ouma Myra se kop beskuit met ‘n kinkel Hartbeespoort 128
Gideon Swanepoel Gemmer beskuit Port Elizabeth 121
Elsabe van Wyk Elsa se Roombeskuit Springs 121
Elizabeth van Niekerk Harpenden Beskuit Pretoria Oos 120
Ilze Strydom Melktert beskuit Tarlton 106

 

Luister en kyk hoe ons geproe het

Bakgat-proesessie 21

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met liedjieskrywer en sanger William Wolf die volgende drie finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 20

Johan Rademan en Ignatius Vlok proe saam met Fran-Rico Lucas en koskenner Heleen Meyer die volgende drie finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 19

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met akteur Solomon Cupido die volgende drie finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 18

Renske Jacobs en Gustav Greyling proe saam met akteur Johnny Potsanyane en Dale Herbst, ’n kosfoendi en kulinêre storieverteller die volgende drie finaliste se beskuit.

Blaine, Renske, Johnny en Dale
Johnny

Bakgat-proesessie 17

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met skrywer en teatermaker Mercy Kannemeyer die volgende drie finaliste se beskuit.

Carla, Mercy, Derrich en Mariëtta

Bakgat-proesessie 16

Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met sjef Bertus Bassson en Haidee Muller-Isaacs die volgende drie finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 15

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met Sarie se stylredakteur, Fanie Cronjé, die volgende drie finaliste se beskuit.

Fanie Cronjé

Bakgat-proesessie 14

Renske Jacobs en Gustav Greyling proe saam met die voormalige burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, en TV-joernalis Daniëlla van Heerden die volgende drie finaliste se beskuit.

Gustav, Daniëllem Renske en Cilliers

Bakgat-proesessie 13

30 Oktober 2024

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met Koekedoor 2-wenner en Ontbytsake-sjef, Corli Prinsloo, die volgende drie finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 12

30 Oktober 2024

Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Armand Aucamp en Lizelle de Bruin die volgende drie finaliste se beskuit.

Agter: Lizelle en Ignatius. Voor: Martelize en Armand

Bakgat-proesessie 11

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met Cilleste van Dyk van Virseker se sosialemedia-span, die volgende drie finaliste se beskuit.

Mari, Veronique, Eloïse en Cilleste.

Bakgat-proesessie 10

Renske Jacobs, Gustav Greyling, RSG se fliekfoendie Leon van Nierop en BOER SOEK ‘N VROU-deelnemer, Daandré Coetzee, proe die volgende drie finaliste se beskuit.

Gustav, Leon, Renske en Daandré

Bakgat-proesessie 9 – 29 Okt

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met aktrise Claudia Jones die volgende drie finaliste se beskuit.

Mariëtta, Derrich, Carla en Claudia

Bakgat-proesessie 8

Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Johan Rademan en huiskok Errieda du Toit die volgende finaliste se beskuit.

Errieda du Toit

Bakgat-proesessie 7

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met TV-aanbieder Hamilton Wessels die volgende drie finaliste se beskuit.

Eloïse, Elsje, Mari en Hamilton

Bakgat-proesessie 6 –  29 Oktober 2024

Renske Jacobs, Gustav Greyling, Monitor-aanbieder Udo Carelse en akteur en sanger Reynardt Hugo proe die volgende drie finaliste se beskuit.

Reynhardt, Udo, Renske en Gustav

Bakgat-proesessie 5

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met sanger Bouwer Bosch die volgende finaliste se beskuit.

Spitstyd se proesessie met Derrich Gardner, Bouwer Bosch, Mariëtta Kruger en Carla MacKenzie.

Bakgat-proesessie 4

Martelize Brink en Iganatius Vlok proe saam met aktrise Zenobia Kloppers en Kenneth Makatees van die SAUK in Kaapstad die volgende finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 3

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met Nick Hamman van 5FM die volgende finaliste se beskuit.

Bakgat-proesessie 2

Renske Jacobs, Gustav Greyling en Dirk de Klerk, eienaar van Love of Coffee, proe die volgende finaliste se beskuit.

Blaine, Renske, Gustav en Dirk

Bakgat-proesessie 1

Derrich Gardner en sy gaste proe die eerste ses finaliste se beskuit.

Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp

Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp? Hoe hanteer ons konflik met ons voorskoolse kinders? Yolandi van den Heever, ‘n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskool-onderwyser het raad.

Bewaringslandbou: Beeste in die wingerd help baie

Die Hartenberg-wynlandgoed, wat die afgelope 20 jaar bewaringslandboupraktyke toepas, word gereken as pioniers in herlewingslandbou in die wynbedryf. Hier word beeste in die wingerde gebruik, wat gevolglik die grondgehalte verbeter. Ankoles is eerste ingebring en daarna het Dexters gevolg.

Louise Rabie is ‘n bekende in die plaaslike olyfbedryf. Suid-Afrikaanse olyfplase het vanjaar meer as een rekordoes aangeteken. Sy verduidelik waaraan dié suksesse toe te skryf is. Ons leer ook kultivars soos Picual en Melange Karoo beter ken.