Landbou: Wat weet jy van die nastergalbessie?

Louwtjie du Toit van Bloukopboerdery in die Morgenzon-omgewing gesels oor die geskiedenis van die nastergalbessie, -produksie en gebruike.

Nico Slinger van Clanwilliam is aangewys as 2024 se Rooibosprodusent van die Jaar. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het.

Ons gesels met Hettie Marais van die Cradock-omgewing oor haar volstruisboerdery.

Planeet Aarde is meer uniek as wat ons gedink het

Jim Adams, die voormalige adjunktegniesedirekteur by NASA se hoofkantoor, praat oor nuwe inligting wat daarop dui dat die Aarde baie meer uniek is as wat oorspronklik gedink is. In Ruimteraai vra ons hoe ruimtevaarders hulleself weeg in die ruimte.

Lucelle se Droombos teen trauma

As gevolg van geweldige trauma het Lucelle van Wyk ontvlugting gevind in haar tuin. Sy het haar tuin in verskillende kamers verdeel soos sy deur haar trauma gewerk het. Haar tuin is haar skilderdoek. Sy gesels oor haar Droombos in Stellenbosch.

Uitheemse indringer verdring weiveld in Noordwes en Noord-Kaap

Latin Globemallow

Die Latin globemallow, ‘n plant afkomstig vanaf Suid-Amerika, is vroeër vanjaar as ‘n nuwe indringerplant geïndentifiseer. Weiveld in Noordwes en die Noord-Kaap is die slagoffer van dié uitheemse indringer. Onkruidwetenskaplike prof. Charlie Reinhardt het al die inligting.

Ons luister weer na ‘n gesprek met Dwayne Kaschula van Maclear in die Oos-Kaap, wat vanjaar aangewys is as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar.

Latin globemallow
Latin globemallow is characterized by its sturdy, upright growth habit, reaching a height conducive to the open grassland it inhabits. Its gray-green, lobed leaves are covered in fine hairs, a common adaptation for water conservation. Vibrant orange-pink flowers bloom atop long stems, intended to attract pollinators despite the surrounding aridity. This resiliency allows latin globemallow to thrive in challenging conditions where other plants may falter.

Scientific classification
Species
Latin globemallow (Sphaeralcea bonariensis)
Genus Globe mallows
Family Mallow
Order Mallows, rock-roses, and allies
Class Dicotyledons
Phylum Vascular plants

Beïnvloed sonuitbarstings weerpatrone?

Dr. Stefan Lotz van SANSA en prof. Matie Hoffman beantwoord uiteenlopende luisteraarsvrae, wat strek van hoe wetenskaplikes die waarheid ontdek, tot aardverwarming, en of sonuitbarstings ons weerpatrone veroorsaak.  ’n Filmmaker beweer hy het nuwe inligting oor ’n radiosein wat vyf jaar gelede ontvang is, afkomstig van moontlike buiteruimtelike lewe.

Kyk met ‘n primitiewe oog: Gedigte van Sheila Cussons

Sheila Cussons het gesê dat kunstenaars met ’n “primitiewe oog” na die wêreld kyk. Daarmee het sy bedoel: die oopheid, die verwondering wat ’n kind nog het. Luister na gedigte oor skilders, etsers en beeldhouers wat dinge ánders gesien het. Die voorleser is Hannah Borthwick.

Die rol van ‘n ouma in ‘n kind se lewe

Ons kyk na die rol van ‘n ouma, en die impak wat sy kan hê op haar kleinkinders en hulle gesinne. Vroeëkinder-ontwikkelingspesialis,  Sophie Breytenbach, self ‘n ouma, deel haar insigte met ‘n goeie skeutjie humor!