Wiskunde en wetenskap: SA-leerders laaste, dis die onnies se skuld

Suid-Afrikaanse leerders het lelik afgesteek in die 2023 Tendense in Internasionale Wiskunde en Wetenskapstudie, of te wel TIMSS. Dit meet leerlinge se wiskunde- en wetenskapgeletterdheid in verskeie lande. Suid-Afrika het laaste gekom. Dis egter nie so eenvoudig nie, sê professor Michael le Cordeur, Visedekaan: Onderrig en Leer van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Wat hou die weer in 2025 in?

Verlede jaar was die warmste jaar sedert daar met die optekening van temperature begin is. In Suid-Afrika, soos in die res van die wêreld, was daar etlike natuurrampe, en droogtes in ons noordelike buurlande duur voort. In Suid-Afrika het die somerreën besonder laat gekom, en nou reën dit al vir dae aaneen in groot dele van die land, wat ook skade veroorsaak. Talle saaiboere moes al ‘n tweede keer plant. Ons praat hieroor met professor Francois Engelbrecht, direkteur van Wits se Global Change-instituut.

Regsake: Voetganger-eise teen die Padongelukkefonds; botsing weens selfoon-gebruik

Igna Klynsmith praat oor voetgangerseise teen die Padongelukkefonds.

Hy bespreek ook ‘n geval waar ‘n versekeringsmaatskappy ‘n vrou aanspreeklik hou vir ‘n botsing, wat volgens hulle veroorsaak is deur haar gebruik van ‘n selfoon terwyl sy bestuur het.

Patentprokureur Karel Bredenkamp praat oor onregmatige mededinging.

Sal ‘n windpomp op Mars werk?

Professor Matie Hoffman praat oor ’n vals video wat weer die rondte doen. Daar is luisteraarsvrae oor die kolonialisering van Mars, en hoe ’n windpomp op daardie planeet sal werk.  In Ruimteraai vra ons wat ‘n skrikkelsekonde is. En Lafras Smit vertel waarna ons kan uitsien in Desember se naghemel.

Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp?

Hoe gemaak as jy en jou kleuter koppe stamp? Hoe hanteer ons konflik met ons voorskoolse kinders? Yolandi van den Heever, ‘n kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskool-onderwyser het raad.