Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes.
Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes. Dit neem 50 liter om ‘n lemoen te produseer en 70 liter vir ‘n appel.
Talle nuwe motors word vanjaar in Suid-Afrika bekend gestel, en ons gaan na so ‘n paar van hierdie modelle kyk. Nie net is nuwe modelle nuus nie, daar is ook die samesmelting van Nissan en Honda, goedkoop Chinese modelle wat uiters gewild is en die Britse ikoniese MG, wat deur ‘n Chinese maatskappye oorgeneem is en ‘n terugkeer na Suid-Afrika gemaak het. Ons praat hieroor met Marnus Hattingh, motorredakteur van Netwerk24.
Bipolêre versteuring is ‘n diagnoseerbare sielkundige toestand, wat gekenmerk word deur groot skommelinge in ‘n persoon se gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie (lae gemoed) tot uiterste manie (uitermatige, ontoepaslike opgeruimdheid). Navorsing oor dié toestand duur steeds voort, maar ‘n kombinasie van medikasie en psigoterapeutiese behandeling (om ‘n sielkundige te gaan spreek) kan die simptome grootliks verlig en lewenskwaliteit verbeter. Lise Swart praat met ‘n sielkundige oor die uitwerking wat hierdie versteuring op geliefdes kan hê.
Beteken kwes en kwets dieselfde? Wat is die verskil tussen verseker en vir seker, en hoe word dit gebruik? Dié en ander taalnavrae word beantwoord saam Gerhard van Wyk en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Jody Hendricks praat in die tweede deel van sy onderhoud met die baanbreker sakeman, Whitey Basson, oor leierskap, en Basson gee ook ‘n feestydboodskap aan luisteraars.
Klimaatsverandering is deesdae die gonswoord, en ons hoor allerlei redes hoekom dit gebeur. Maar diep in die Winterhoek en Baviaanskloofberge ervaar boere al lankal klimaatsverandering. Meer as 40 jaar gelede het dit byvoorbeeld nog gereeld daar gesneeu en het die Grootrivier standhoudend geloop, onthou Bennie Rathbone van die gasteplaas Hadley. Mariska Spoormaker het met hom by ‘n vleisbraaivuur gepraat.
Jong afgestudeerde dokters kry nie poste in die staatsdiens nie, en poste om te spesialiseer is ook so skaars soos hoendertande. Ondanks die nypende tekort aan dokters, poste en geld, wil die regering nie afsien nie van sy planne vir ‘n nasionale gesondheidsversekering. Die departement van gesondheid sê daar is eenvoudig nie geld om poste te vul nie.
Die aanbieder van Gesondheid op RSG en gesondheidjoernalis, Mari Hudson, doen verslag.
Luister van vandag elke weeksdag om 14:45 na ons nuwe vervolgverhaal deur Lee Doubell. Tien dae is ‘n opvolg van Sestig Dae.
Agtergrond en storie
Twee jaar ná hulle storie tot ʼn einde gekom het, word al die karakters wat ons in RSG se vervolgverhaal Sestig Dae leer ken het, weer byeengebring.
Hierdie keer word hulle uitgenooi om tien dae op die SS Salacia, ʼn luukse plesierboot, deur te bring. Die misterieuse eienaar van die boot belowe om almal ʼn groot bonus te betaal as hulle die uitnodiging aanvaar.
Met Tien Dae word daar weer gewerk met verslawing in al sy vorms, en die gevolge daarvan. Van die passasiers aan boord van die SS Salacia word gekonfronteer met die gruwel van geslagsgeweld, en die nagevolge van sulke aanvalle.
Al die karakters is terug, maar ná twee jaar het hulle verander, en die spa-vakansie op ʼn luukse skip bring allerhande eienskappe van hulle karakters na vore – soms goed, maar dan ook sleg.
Aan die einde van Sestig Dae het Meneer X spoorloos verdwyn, maar Dennis die privaatspeurder werk saam met Interpol om te probeer uitvind wie die misterieuse Madame Kyrioskie is.
Richard en Tanya het intussen goed geld gemaak uit die topverkoper wat Tanya oor Meneer X en sy manewales geskryf het, en voel hulle verdien ʼn kort vakansie ná al hulle harde werk.
By die Nova Sentrum behandel Magda en Susan steeds hulle pasiënte, en Lauren is ongelukkig weer terug as ʼn pasiënt.
Die span wat Sestig Dae so suksesvol vervaardig het, is almal weer terug en hierdie keer word alles op see, op die spel geplaas.
Verwag dieselfde bekende stemme in ʼn splinternuwe avontuur wanneer hulle vir tien dae aan boord van die SS Salacia probeer ontspan en ou vriendskappe hernu. Luister of laai gerus Sestig Dae op potgooi af (https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=sestig%20dae) en wees gereed vir Tien Dae.
Die karakters en rolverdeling
Die rolverdeling is:
Frieda van den Heever as Susan Cilliers,
Royston Stoffels as Richard April,
Rene Cloete as Tanya Koster,
Roeline Daneel as Essie Cilliers,
Eugenie Wiggins as Bettie Winkler,
Hannah Borthwick as Meneer X (Izel),
Ronel Geldenhuys as Magda Lewis,
Cole Wessels as Dennis Donovan,
Chloe van Rooyen as Lauren Beyers,
Albert Maritz as Deon Smit,
Stefan Vermaak as Albert de Wet en
Jacques Bessenger as Kaptein JP Swart.
Anrich Herbst is regisseur en Lee Doubell die skrywer.
Frieda van den HeeverRoyston StoffelsRene CloeteRoeline DaneelHannah BorthwickRonel GeldenhuysCole WesselsChloe van RooyenAlbert MaritzStefan VermaakJacques Bessinger