Suksesstories: Só het Ankia Nel haar pyn verwerk

Wanneer mens na Ankia Nel van Pretoria se lewensverhaal luister, kan jy amper nie glo wat hierdie dinamiese vrou beleef én oorkom het nie. Lizma van Zyl gesels met Ankia oor die reuse verliese wat sy moes verwerk, wat onder meer die dood van twee babas en molestering insluit. Sy het egter opgestaan, en glo die pyn het haar gebrei vir al die rolle wat sy vandag vertolk.

Luister weer: In die bol geTik

In die Bol geTik handel oor die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms in Eersterust in Pretoria. Dit verwoes die lewens van die afhanklikes, hul geliefdes en kring boonop uit na die res van die gemeenskap. Hierdie gemeenskap het egter hulle moue opgerol, staan saam en soms ook nie.

Die dokumentêr uit die SAUK se argief is in 2017 saamgestel deur Jacqui January en sal weer op 12 Januarie aan die beurt kom.

Jacqui January

Is ‘quiet quitting’ goed of sleg?

Stille bedanking is ‘n beweging wat vlam gevat het onder die nuwe generasie werknemers. Doen wat jy moet doen tydens jou werksure, maar jou ware lewe is buite die werksmure. Ons kyk na hierdie manier van dink, waar dit vandaan kom, of die ouer generasie meer agting moet bied, en wie baat hieruit, of nie?

Meer oor bosluisbytkoors, hondsdolheid en masels

Verskeie gevalle van bosluisbytkoors, hondsdolheid en baie gevalle van masels is die afgelope tyd in Suid-Afrika aangemeld. Wat is hierdie siektes, hoekom is hondsdolheid byna altyd dodelik vir die mens, en hoekom moet maselsuitbrekings ten alle koste voorkom word deur vaksineringsprogramme?

Hoe word die grootte van die heelal bepaal?

Hoe word die grootte van die heelal bepaal?

Stefan Lotz van Sansa kyk na die aktiwiteit van die son en vertel van die sonwind wat water op die maan skep.

Daar is nuus oor die Hubble-ruimteteleskoop wat in 1990 gelanseer is, wat moontlik nuwe lewe gaan kry vanweë Nasa se samewerking met Space X.

‘n Groen komeet is op pad en sal weldra in die suidelike halfrond gesien kan word.

Boere, dien loon-opgawes betyds in!

Die rooivleisbedryf het ‘n uitdagende jaar agter die rug, en volgens James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie het hulle ‘n paar lesse geleer.

Loonopgawes moet voor 31 Januarie ingedien word. Wat is die gevolge indien dit nie betyds ingedien word nie?

Peter Cloete van die Dordrecht-omgewing in die Oos-Kaap vertel hoe landbou-omstandighede in dié provinsie lyk, en wat hulle met die Pine Grove Merinostoet-produksieveiling beoog.

Verdrinkings nou pandemies

Tydens die somervakansieseisoen kies baie Suid-Afrikaners om hulle tyd langs die water deur te bring, tog word verdrinkings as ‘n pandemie beskou, volgens dr. Jill Fortuin, uitvoerende direkteur van verdrinkingsvoorkoming by die Nasionale Seereddingsinstituut.

Ons gesels met haar oor die statistiek van noodlottige verdrinkings, die verskeie projekte wat die NSRI aanpak om verdrinkings te voorkom, en waar die meeste verdrinkings voorkom.

Wat behels die huidige Wet op Vuurwapenbeheer?

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bejaarde vrou wat kredietkaartskuld het en toe verneem dat sy geen dekking ontvang vir dié skuld op haar ouderdom nie.

Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die ontrafeling van Artikel 103 van die huidige Wet op Vuurwapenbeheer.

Is super-shacks in goed-beplande plakkerskampe die oplossing vir ons behuisingsprobleem?

Die konsepte van humantêre argitektuur en naas-stedelike ontwerp en beplanning vir plakkerskampe, kan vir die armste mense ’n menswaardige tuiste skep. Quntin Adams vertel meer hieroor. Ons stel ook vas hoekom lasvermindering-kragonderbrekings deur Eskom onwettig is.

 

Is super-shacks saam met ruimtelike beplanning die oplossing vir ons behuisingsprobleem?

Stel jou voor: Informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, wat netjies uitgelê is met toeganklike paaie en strate, kleuterskole, gemeenskapsale en spaza-winkels op beplande plekke, en netjiese goed geventileerde supershacks wat nie deur water oorstroom word nie. Die eerste klein proeflopie in ’n probleem-plakkerskamp in Kaapstad wys dit is die wending wat kan waar word in dorpe en stede, en deel van die behuisingsprobleem in ons land kan help oplos.