Luister weer: Grootword sonder ‘n pa

Jody Hendricks

“Sjoe, dit was treffend! Baie goed! Sterk boodskap aan ALLE mans om waarlik vir jou seun ‘n PA te wees.”

Dít is van die luisteraarsreaksie wat Jody Hendricks se dokumentêr “Grootword sonder ‘n pa” ontlok het toe dit as deel van RSG se huidige dokumentêre seisoen uitgesaai is.

Die program het mense diep ontroer.

‘Gert skryf “Ek is 75 jaar oud oud my vader is oorlede twee maande voor my geboorte en ek is deur absolute hel en vandag is ek nog steeds ongetroud want ek wou nooit sien dat my kinders dieselfde pad moet loop nie en vandag help ek kinders op straat.”

Coen op Kimberley se “Vaderlose kinders is ‘n misdaad. As die vaders hul verantwoordelikhekid sou nakom teenoor hul kinders, sou 50% van ons land se maatskaplike probleme opgelos wees. Dit is n bose afwaartse spiraal wat ons gemeenzkappe almeer de-kultiveer en groter polariseer tussen die normale mense en die onopgevoede mense. Hulle skep ‘n sistemiese barbarisme”

In dié dokumentêr word die sielkundige en maatskaplike kwessies wat in duisende huishoudings afspeel weens afwesige pa’s, belig.

Daar is eenvouding nie meer vaderfigure vir kinders nie.

Baie kinders word sonder ’n pa groot omdat die ouers geskei is en die kinders by die ma bly. Dit is natuurlik verskriklik hartseer.

Maar daar is ook kinders wat sonder ’n pa grootword omdat die pa nie betrokke is by sy gesin nie, en nog redes.

Statistiek toon dat meer as 60% van kinders wat in 2019 gebore is, oor geen besonderhede van die pa beskik nie.

Om sonder ‘n pa groot te word, is moontlik ‘n tikkende tydbom.

In die dokumentêr praat Jody met iemand wat self sonder ‘n pa groot geword het, ons kyk ook na die sosiale en regs impak, die rol wat skole kan speel en die druk wat dit op ma’s sit.

Ivor Swartz

Die bekende skrywer en TV-aanbieder Ivor Swartz is een van my gaste asook die joernalis en oud onderwyser Julian Jansen (sien video.)

Januarie – Maart 2023

Donderdae @ 20:00

Dokumentêre reeks

Die hond wat ‘n bos begin het

Uit die Baai kom daar ‘n boomplantstorie waarin ‘n geliefde Foksterriërtjie ook ‘n rol speel.

Sewe jaar gelede het die beeldhouer Graham Jones besluit sy geliefde Foxie verdien ‘n ordentlike begrafnis na haar afsterwe, en toe plant hy ‘n boom by haar graffie. Vandag het Graham al oor die 700 inheemse bome geplant. Die meeste hiervan is op sy groot erf in Colleen Glen in Gqeberha.

Mariska Spoormaker het daar gaan kuier.

Hoe om na jou binnestem te luister

Ons almal het ‘n interne stem, selfs al is ons nie bewus daarvan nie.

Wanneer jy besluite maak, praat jy met jouself. Wanneer jy oordeel, praat jy met jouself. Jy praat tien teen een meer met jouself as met ander mense. Watter verskil maak bewusmaking van hierdie stem, en hoe kan hierdie stem (jou stem) die antwoord wees op al jou vrae en ongeluk?

Banke probeer landbouers help om beurtkrag-oplossings te vind

In ‘n tyd waar beurtkrag boere hoofbrekens besorg, is dit goed om daarvan kennis te neem dat daar tans hard gewerk word ten einde gouer as later oplossings te vind. Daneel Rossouw van Nedbank se landbou-afdeling verduidelik waarop daar in 2023 gefokus sal word.

Volgens die Hortgro-boomsensus was daar 549 hektaar kersieboorde in Suid-Afrika in 2021, waarvan byna tweederdes jonger as ses jaar was. Kersie-uitvoere het meer as verdubbel van 216 ton af in 2019 tot 445 ton in 2021. Anton Rabe van Hortgro verduidelik waaraan die sukses toegeskryf kan word, en vertel van ‘n nuwe befondsingskema vir boere.

Bennie Engelbrecht is ‘n stigterslid van Saffricon. Hulle is aan die stuur van die groei van die plaaslike saffraanbedryf. Engelbrecht gesels oor die uitdagings en oplossings in die bedryf. Suiwelboer

Johannes Loubser van Fair Cape Dairies in Durbanville is verlede jaar gekroon as die Landbounavorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Volgens hom is dit uiters belangrik om gereeld met kenners te skakel. Hy verduidelik dit aan die hand van voorbeelde.

Tragedie kry dié sportman/navorser nie onder

Dr Laurie Rauch

Dr. Laurie Rauch van Kaapstad was goed op pad om ‘n Springbok driekamp-atleet te word toe tragedie tref.

Lizma van Zyl gesels met dié akademikus oor sy lang pad na herstel, liggaamlik en emosioneel, en die rol wat dit in sy navorsingswerk gespeel het.

Hy deel ook van sy tegnieke om te midde van groot druk, kalm te kan bly.

Meer oor Dr Laurie Rauch:

Dr Laurie Rauch

Knocked off his bicycle by a drunken container truck driver Laurie sustained a severe traumatic brain injury, a broken neck & an amputated right leg. At the time he was in the final year of a PhD in Exercise Science that focused on muscle metabolism and feedback to the brain, the same systems that were now severely disrupted.

Laurie’s subsequent research emerged from his personal struggles in regaining his own health and wellbeing. His focus changed to researching the brain-body link with a particular interest in optimising bodily stress reactivity (composure) when performing under pressure.

Nervous system training entails using correct body posture, slow conscious movements and heightened awareness to undo the mental interference which prevents our bodily systems from working harmoniously. This enables us to tap into the 3 motivated behaviours programmed in our deeply subconscious reptilian brain.

‘Motivated’ behaviours, are naturally done without thinking PLUS they release energy into the body. When these do not occur naturally (mostly due to mental interference) the release of energy is inhibited and we feel tension in the body.

Laurie is an adjunct senior lecturer in the Department of Human Biology at UCT, both at undergraduate and post-graduate level. He co-supervises MSc and PhD students in research projects ranging from relational health, weight loss, sleep and spinal cord injured persons, making use of techniques such as functional MRI, cardiovascular function, Heart Rate Variability measures, cognitive function and EEG.

In recent years Laurie has dedicated his time to sharing his personal journey and academic findings, professional experience to a wide range of audiences around the world focussed on 1) sporting experiences from his triathlon, cycling, rugby & rock climbing days; 2) experiences in regaining his health after his accident and 3) 25 years of conducting Health Science research at UCT through academic and mainstream presentations, lectures and workshops.

Laurie’s particular interest lies in the Autonomic Nervous System and a more than a decade of academic research and practice to understand the neural underpinnings of composure, i.e. what happens inside the heart, brain and body of a person performing at their peak in any arena, sporting, corporate, artistic, academic, etc.

Lees ook meer oor sy filosofie: https://www.keepingcalm.co/

Jou liggaam onthou alles, ook trauma

Kliniese sielkundige Elmi du Toit bespreek die beginsels van dr. Bessel van der Kolk se boek, Your body keeps the score, en die invloed van trauma op jou gesondheid.

Watter pakket kan ‘n werkgewer aan ‘n werknemer aanbied?

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n prokureur wat nie die kliënt se lêer aan haar wil oorhandig ná ‘n uitval nie, en wat haar te doen staan.

Hy beantwoord nóg ’n vraag oor die registrasie van ‘n eiendom.

Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor pakkette en skikkingsooreenkomste wat deur werkgewers aan werknemers aangebied word.

Luister weer: Hartbeespoortdam – ‘n eeu van verwondering

Die damwal van die Hartbeespoortdam word naweek-na-naweek oorval met duisende toeriste. ’n Tonnel en majestieuse damwal in eg neo-klassieke styl kronkel deur die eeu oue Magaliesberg.

’n Arc de Triomphe in die kleine versier die damwal en toeriste hang gereeld oor die historiese muur om die massawater te aanskou wat netjies deur tien sluise gerig word.

Maar die ontwikkeling van hierdie struktuur word gekenmerk deur vele hindernisse. In 1923 is die damwal uiteindelik voltooi en met ’n plegtige geleentheid in gebruik geneem toe ’n vloot karre oor die damwal ry.

Die ontwikkeling van die dam is in die vroeë 1900’s lamgelê deur politiek, vloede, oorloë, die Spaanse griep en ingenieursuitdagings. Vandag lok die dam duisende toeriste na die dorp, Hartbeespoort.

Ongelukkig staar die dam ’n nuwe bedreiging in die gesig. Waterhiasint wat soms tot 40% van die wateroppervlak beslaan, moet deurgans bestry word. Die Rhodes Universiteit het egter ’n baie suksesvolle navorsingstudie onderneem om saam met die gemeenskap van Hartbeespoort dié dorp se trots te bewaar.

 

Vyf sluise is oop by die Hartbeespoortdam. Die massawater loop onder deur die damwal in die Krokodilrivier.

’n Uitsig oor die Hartbeespoortdam vanaf die Magaliesberg.

’n Replika van die Arc de Triomphe in Frankryk is oor die damwal van die Hartbeespoortdam opgerig.

Duisende waterhiasinte word by die Hartbeespoortdam se sluise gekeer voordat die water na die rivier deurvloei.

 

Hoe word die ouderdom van die aarde gemeet?

Hoekom, maak nie saak wat jy eet nie, grom jou maag in die kerk?

Hoekom is daar spesifiek so baie blomme een keer per jaar in Namakwaland?

Hoe word die ouderdom van die aarde gemeet?