Waarom sukkel stromingsdienste in SA?

Die film- en publikasieraad het verlede jaar aan die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie gesê ses TV-stromingsdienste het bedrywighede in Suid-Afrika gestaak, waaronder BritBox. Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid het op sy beurt ‘n ondersoek na mededinging in die stromingsdiensmark aangekondig. Ons praat hieroor met die redakteur van My Broadband, Jan Vermeulen.

Luister weer na “Jamestown, ‘n stukkie paradys”

Haidee Muller-Isaacs reis op Donderdag 23 Janurie na die ander Jamestown – ook bekend as Webersvallei. Luisteraars leer ken die mense en kultuur van dié klein dorpie buite Stellenbosch

“Jamestown is ‘n hartsplek vir al sy inwoners – ‘n tuiste snoesig teen die hange van die Webersvallei, af tot by die Blaauwklippenrivier waar jy as kind ontelbare genotvolle somersdae in die koel waters deurgebring het.” (Uit voorwoord van die boek: Jamestown: ‘n Stukkie van die paradys).

Die ingang na Jamestown (foto: Theo Jephta)

James Rattray, ‘n plaaslike sakeman en die sendeling Jacob Weber word algemeen erken as die stigters van hierdie landelike dorpie, wat steeds sy Christelike karakter as stewige fondasie aan huidige en toekomstige geslagte bied. Die gebiedskomitee-belastingbetalersvereniging het die dorpie polities verenig.’’

Jamestown met sy praguitsig

Haidee het afgesit na Jamestown en daar die wonderlike stories gehoor van die oudste inwoners, van inkommers en ook van mense wat passievol is oor hierdie dorpie buite Stellenbosch.  Baie van die dorpie se straatname is vernoem na aarbei-variëteite, na die hoofgewas wat sedert 1902 daar verbou is.

Jamestown, ook bekend as Webersvallei, is ‘n hegte gemeenskap wat ‘n ryk erfenis deel. Hierdie stil, semi-landelike voorstad aan die suidelike buitewyke van Stellenbosch het oor jare verander van ‘n bestaansboerderydorpie in ‘n hoofsaaklik residensiële gebied wat steeds verskeie aarbei- en groenteplase insluit, asook ‘n groeiende aantal besighede.

Die mooi Stellenberg

Die jaarlikse Jamestown Strawberry Festival is ‘n hoogtepunt op die Wes-Kaapse geleentheidskalender en lok duisende besoekers van regoor die provinsie. Hier ken almal mekaar se lief en leed. Dis ‘n plek van talentvolle mense wat bydra tot die dorpie se besondere karakter. Hier woon omgee-mense wat hard veg om hul dorpie, hul eie klein stukkie paradys, te beskerm met alle mag.

Haidee gesels met die oudste inwoners: Fred Jooste, Frederick Davidse en Alfred Christians.

By die huis van Meester Alfred Christians (heel voor links) langs hom is Frederick Davidse en Fred Jooste.
Frederick Davidse vertel hoe hulle as arbeiboere die berg dopgehou het om te weet of dit tyd is vir middagete.
Troufoto van Fred Davidse en sy oorlede vrou, Wilma, in 1964.
Bertus Basson en Spekkie die vark

Inkommers op die dorp wat ook gesels: sjef Bertus Basson en fliekmaker Rene Van Rooyen oor hoe dié besonderse dorpie in hul harte ingekruip het en natuurlik ook hoe lekker dit vir hulle is om hier te woon.

Hulle albei is baie betrokke by verskeie projekte op die dorp. René dien op die munisipale wykskomitee sowel as die Jamestown-gemeenskaptrust.

Rene van Rooyen
Dale Simons

Dale Simons: medestigter van die Jamestown-gemeenskapstrust –  hy is ‘n entrepreneur en besturende direkteur van die MiDO Groep.

Dale dien ook op die adviesraad van Casidra.

Kevin Phillips gesels oor Jamestown Sounds, ‘n gemeenskapsmusiekprojek. Hy is passievol oor musiekonderrig in Jamestown by die Weber Gedenk NGK Primêre Skool.

JAMESTOWN SOUNDS Kinders leer
JAMESTOWN SOUNDS BLOKFLUIT LESSE
Jamestown
JAMESTOWN CHRISTELIKE SNAARORKES
JAMESTOWN SE TIEKIEBAND

 

Chris Karsten se nuwe roman; 3 boeke oor die Grensoorlog

Ilse Salzwedel gesels ek met Chris Karsten oor sy roman, DIE KEISER SE DUIM.

Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor ‘n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman.

SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Grensoorlog wat verlede jaar verskyn het. (TROEP deur Bun Booyens, SEUN deur Dana Snyman, en BLOEDBROERS deur Deon Lamprecht).

‘n Boekklub wat 25 jaar gelede ontstaan het, sorg steeds vir hegte vriendskappe, met boeke as die gemene deler.

Landbou-vooruitsigte lyk vanjaar meer rooskleurig

Kenners sê die vooruitsigte vir die landbousektor vanjaar is meer rooskleurig. Ons praat met Brendan Jacobs van Standard Bank Agribesigheid hieroor.

Die 21-jarige Aalwyn Victor van Stilwaterboerdery by Pothefstroom vertel hoe hy met sy Romagnola-stoetery begin het.

Ons hoor by Johan van Berg hoe die weervooruitsigte lyk, en Chris Derksen vertel wat vandeesweek met vleispryse gebeur het.

Watter gras is die beste vir vee?

Daar word gesê dat die veeboer eintlik ‘n grasboer is. Ons praat met weidingskonsultant Frits van Oudtshoorn oor die waarde van grasidentifikasie vir die boer.

Volgens Agri Fusion sal landboubesighede binne die volgende drie tot vyf jaar verslag moet doen oor korporatiewe bestuur, asook omgewing- en sosiomaatskaplike kwessies. Ons hoor wat Anneline Hugo hieroor te sê het.

VSA verbied transgenders in meisiesport

Die Amerikaanse Huis van verteenwoordigers het pas nuwe wetgewing goedgekeur wat transgendermeisies verbied om aan meisiesport in skole deel te neem. Die wetgewing moet nog deur die Senaat goedgekeur word. Transgendergroepe het dit as mensonterend bestempel. Ons praat hieroor met Lourensa Eckard, ‘n joernalis en aanbieder van In Gesprek op kykNET. Lourensa het al talle artikels die lig laat sien oor hierdie onderwerp.

Biologiese beheer van tamaties se peste; Roof-onderdele vir landboumasjinerie

Graan SA beskou die Rooivleisprodusente-organisasie as ‘n belangrike sustersorganisasie. Tydens vanjaar se RPO nasionale kongres het dr. Tobias Doyer van Graan SA met ons hieroor gesels.

Die biologiese beheer van peste en plae op tamatieproewe was die fokus van Agri Fertilizer & Chemicals se inligtingdag op Groblersdal.

Ons hoor wat Gerhard Taljaard van Smith Power Equipment te sê het oor die koop van roofonderdele, wat vir landboumasjinerie beskikbaar is.

Mans en hulle selfbeeld

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, ‘n psigiater, oor mans en hulle selfbeeld. Hulle ondersoek die verskil tussen selfbeeld en selfvertroue, waarom selfbeeld belangrik is vir menslike ontwikkeling, en hoe dit beïnvloed word deur interne en eksterne faktore.