Die Wes-Kaapse Departement Landbou onderneem vanjaar weer opwindende navorsingsprojekte. Hierdie proewe by die departement se navorsingsplase sal van groot waarde wees vir veral graanboere. Die toediening van swamdoders, dekgewasse asook vele ander kwessies sal van nader bekyk word. Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller praat oor die voorkoms van aarskroei op koring asook ander navorsings-nuus.
Ná vele uitdagings wat die bosboubedryf die afgelope paar jaar in die gesig moes staar, is dit verblydend om te verneem dat vooruitsigte vanjaar veel beter lyk.
Wat loopbaangeleenthede betref is daar goeie nuus, en daar is geleenthede vir nuwe toetreders. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, verduidelik.
Die organisasie se naam is sinoniem met hulpverlening, en lankal nie meer nét in Suid-Afrika nie.
Lizma van Zyl gesels met die stigter en voorsitter van Gift of the Givers, dr. Imtiaz Sooliman. Hy vertel hoekom hy en sy span dikwels hulle eie lewe in gevaar stel om ander te help, soos onlangs toe hy en sy span in Turkye en Sirië was waar aardbewings verwoesting gesaai het.
Lizma gesels ook met mense wat al aan die ontvangkant van dié organisasie se vinnige en doeltreffende ingryping was.
Jonna Heynke, ‘n sig-gestremde vrou van Finland vertel haar storie van hoe haar lewenspad verander is deur ‘n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur.
Dit is ‘n storie wat jou hartsnare sal roer en jou net weer sal herinner dat selfs die ‘lelike’, ook goedheid kan bevat. Kom luister na Jonna se verhaal en kyk deur die oë van ‘n blinde persoon, wat ongeag van haar gestremdheid ‘n kannie-dood lewens-filosofie het.
Veronique van Heyningen
Plooie Van Die Hart, ‘n dokumentêr deur Veronique van Heyningen, word op Donderdagaand, 23 Februarie om 20:00 uitgesaai.
Till Lindemann van Rammstein‘n Vuurvertoning van Rammstein tydens een van hulle regstreekse vertonings.
Sue Pyler-Slabbert, mede-aanbieder van Op en Wakker (weeksdae tussen 07:00 en 09:00 op RSG), is nie net ‘n veelsydige aktrise, onderhoudvoerder en omroeper nie. Sy is ook deesdae by oorklanking betrokke en begin haar dag met vier verskillende wekkers wat afgaan. Kobus Burger, RSG se programbestuurder, het met haar gesels.
Wanneer het die radiogogga jou gebyt?
Ek het nooit geweet dat die stemme wat vanuit die luidspreker kom ‘n persoon se werk is nie. Iets waarvoor jy betaal word. So om stil te bly en voor die radio te sit, was my straf as kind en ek wil sê dis waar die gogga gebyt het.
Ek het direk na skool by ons plaaslike radiostasie aangeklop om bloot koerantopskrifte te lees soveel so dat ek later hoor ek is die mede-aanbieder van die ontbytprogram. Geen betaling, maar ek het elke oggend opgedaag vir werk en as dit nie sê dat jy lief is vir wat jy doen nie, dan weet ek nie.
Jy is ook ’n aktrise en was onder andere die karakter Vytjie in RSG se middag-vervolgverhaal, Die spoke van Duinebult deur Ronel Mostert. Hoe verskil jou werk as aktrise van dié as omroeper?
In die ateljee is wanneer ek middagvervolgverhaal opneem. Hier is sy saam met Jonny Klein.
Omroeper-wees en aktrise-wees is twee verskillende beroepe. Hier waar ons werk as omroepers moet jy sélf inhoud kry vir jou program, voorberei vir onderhoude, adminwerk afhandel, programme verpak en elke dag opdaag by die ateljee vir uitsending.
Jy moet tegnies ook sterk wees, want jy moet self die bank kan dryf (knoppies druk), jy is in beheer van die mikrofoon en jou teks of dit wat jy graag wil sê.
Aktrise-wees laat jou toe om ‘n karakter te skep met jou stem. Jy ontvang ‘n teks met dialoog, jy speel teenoor ander akteurs en jou doel is om ‘n storie uit te beeld met jou stem. Opnames van vyf episodes geskied op een dag, so dit wat ‘n luisteraar hoor van Maandag tot Vrydag is wat binne een dag gedoen is.
Wat was jou lekkerste radio-onderhoud tot nog toe en hoekom?
Sue saam met die sanggroep All-4-One.
Dis altyd moeilik om so vraag te beantwoord, maar ek gaan twee uitsonder. Die internasionale sanggroep All-4-One. Ek het grootgeword met hulle musiek, luister dit nou nog en hulle het Suid-Afrika al meer as een keer besoek en die feit dat hulle my onthou na daardie onderhoud waar hulle vir my gesing het… Wow!
Sue en Leanne Manas van Morning Live.
Plaaslik is dit Leanne Manas (Morning Live se anker). Sy is net… merkwaardig. Dit was vir Vrouemaand en sy het in die ateljee gesit en dit was asof ek nie ‘n woord kon uitkry nie tog het ek aan haar lippe gehang met elke antwoord.
Hoe hanteer jy kritiek?
Kritiek kom en kritiek gaan. Dis presies hoe ek dit hanteer. Ek kan nie toelaat dat dit my affekteer nie. Daar is te veel ander dinge waarmee ek moet voortgaan, so ek kan nie al my energie spandeer aan kritiek nie, tensy dit opbouend is.
Wat is vir jou die heerlikste bederf?
Slaap. Slaap is vir my die heerlikste bederf, want dan kan my brein afskakel. ‘n Ander groot bederf is om net langpad te ry met my honde en my man, Franco.
Hoe begin jy jou dag?
Miss Vicky wat altyd in haar man se arms lê.
Ek begin my dag met vier verskillende wekkers wat afgaan. ‘n Baklei met my Miss Vicky (haar hondjie) oor wie in Franco se arms lê.
My selfoon en skootrekenaar nie te ver nie en ‘n warm stort.
As die lewe te veel raak in die stad, wat is vir jou die beste wegbreek of manier om ’n blaaskans te vat?
Sue en Franco op ‘n idilliese eiland.
Om see toe te gaan. Leentjiesklip in Wildernis is my wegkruipplek. Ek sit vir ure op die rotse en staar net na die diep see.
Jy en jou eggenoot het albei druk skedules. Wat doen julle graag saam om gehalte-tyd te geniet?
Ek en my Man, Franco.
Ons steek kerse aan en sit aan tafel en vra: “Hoe gaan dit met jou hart?” Ons geniet die langpad met goeie musiek en om saam Spa toe te gaan.
Wie of wat is jou anker?
My Man, 100%.
Sue op die stel besig om ‘n vervolgverhaal op te neem.Sue saam met die sanggroep All-4-One.Sue besig met die onderhoud met die internasionale sanggroep All4One vir Op en Wakker.
Kosmiese strale het die afgelope weke vir drama op die James Webb-teleskoop gesorg. ‘n Belangrike onderdeel van die teleskoop is deur ‘n straal getref. Willie Koorts verduidelik wat fout gegaan het en hoe die fout herstel is.
Matie Hoffman praat oor alledaagse gebruiksartikels wat hulle ontstaan uit ruimtenavorsing gehad het.
Die plaaslike kanolabedryf het in terme van hektare en oeste noemenswaardige groei getoon, maar kan die bedryf binnekort ‘n plato bereik? Johan Pyper van Southern Oil praat oor ‘n paar bestuursfoute wat hulle in die veld teëkom.
Goeie nuus vir Droughtmastertelers in Suid-Afrika. Dié beesras is amptelik as Droughtmaster SA geregistreer, en ons hoor by Stompie Olivier wat die proses behels.
Ons praat met Laurence Allem oor Mielieboere Bonsmaras en wat hulle met hul 35ste produksieveiling beplan.
Volgens navorsing is daar baie gevare vir tieners wat cannabis gebruik. Nie net is dit ‘n dwelm wat verslawing kan veroorsaak nie, maar daar is ook bewyse van ernstige neurologiese probleme wat hulle moontlik kan ervaar.
‘n Kliniese sielkundige en ‘n narkotiseur praat oor die uitwerking wat cannabis mootlik op tieners kan hê.
Jongmense op die platteland het min tot geen geriewe om hulle besig te hou. Freek Oerson, ‘n taalonderwyser van Swellendam, vertel hoe hy ‘n teater in sy gemeenskap op die been gebring het.
Ayden October
Een van die teater se uitskieters, Ayden October, gesels oor sy suksesse.
Prof. Pieter Gouws van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Living with little monsters.
Die boek verduidelik die voorkoms van allerlei onsigbare mikrobes – beide goed en gevaarlik. Hy gee ook wenke vir ouers oor hoe om heilsame kosblikke vir kleingoed te verseker.