Tyd vir ‘n blaaskans, sê uitsaai-legende

Mariëtta Kruger

Die veteraan-omroeper, uitsaaier en nuusleser Mariëtta Kruger gaan eersdaags met sabbatsverlof en neem ’n blaaskans van haar nuuslees-skof in RSG se gewilde middagprogram, Spitstyd.

Mariëtta het diep spore in die uitsaaibedryf getrap en selfs ’n nuwe geslag omroepers, nuuslesers en joernaliste met haar kennis en ervaring bemagtig.

In 2014, toe sy weer by RSG aangesluit het, het Beeld haar beskryf as “haar majesteit, die koningin van uitsaai”. Mariëtta erken self dat radio haar eerste liefde bly.

Mariëtta het haar uitsaailoopbaan 44 jaar gelede by die destydse Radio Suid-Afrika in Seepunt begin. In 2022 is sy deur die Afrikaanse Taalraad met ’n Koker-toekenning bekroon vir haar lewensbydrae tot Afrikaans.

Sy glo dat ’n mens net so goed is soos jou laaste uitsending en dat jy “nooit te oud is om te leer nie”.

Haar laaste dag as lid van die Spitstyd-span is op Vrydag 20 Desember, waarna sy haar sabbatsverlof wil neem en meer gehaltetyd met haar geliefdes wil geniet.

Karen Augusta – ’n sakevrou, stemkunstenaar en omroeper van Gauteng – gaan die leisels by Mariëtta oorneem. Sy is al vir ’n string radiopryse benoem vir haar rol as nuusleser asook aanbieder van ontbyt- en dagprogramme.

Volgens RSG se sakebestuurder, Louise Jooste, was Mariëtta vir soveel jare ’n anker vir die stasie. “Sy is ‘n uitsaailegende en het regdeur haar loopbaan ‘n gehaltestandaard gestel tesame met haar liefde en passie vir keurige Afrikaans. RSG is ryker vanweë Mariëtta se insette, leiding en inspirasie. Ons gun haar die tyd saam met haar geliefdes en ’n blaaskans weg van die mikrofoon.”

 

 

RSG live op FB: Aanhoudende depressie vs. Major depressie

Wie is ek? LIVE op RSG se Facebook

Donderdag 12 Desember 2024

Aanhoudende depressie vs Major Depressie

Ons hoor gedurig van depressie en hoe dit mense se lewens affekteer, maar tog is daar nog steeds wanpersepsies en verkeerde informasie wat na vore kom. Kom leer meer oor hierdie mediese siekte in die volgende LIVE gesprek op RSG se Facebook.

Aanbieder: Lise Swart

Sielkundige: Dr. Louis Awerbuck

Wat is die verskil tussen Aanhoudende depressiewe versteuring (ADV) en major depressiewe versteuring (MDV)?

Aanhoudende depressiewe versteuring (ADV) en ernstige depressiewe versteuring (MDV) is albei tipes depressie, maar hulle het ‘n paar belangrike verskille:

Simptome ADV -simptome is minder ernstig as MDV-simptome, maar dit duur langer:

ADV: Simptome sluit in ‘n lae bui en twee of meer ander simptome van depressie wat die grootste deel van die dag, op die meeste dae, vir ten minste twee jaar duur.

MDV: Simptome sluit in episodes van ernstige depressie wat deur ten minste twee maande geskei word.

Kom vind meer uit oor depressie en al sy verskillende vorme in die volgende LIVE gesprek op RSG se Facebook

Donderdag 12 Desember 2024 @ 19:00

 

Jongste in kanola en swartstamweerstand; 1e Renosterveld-toep

Plantpatologie-navorser dr. Gert van Coller vertel van die jongste navorsingsprojekte wat deur die departement landbou in die Wes-Kaap onderneem oor toedieningsmetodes en die effektiwiteit daarvan op kanola, en swartstam-weerstand.

Die wêreld se eerste renosterveld-toepassing is bekendgestel. Dis ‘n toep wat veral boere met renosterveld op hulle plaas, help om plante en diere te identifiseer. Die Field Guide to Renosterveld bevat foto’s van meer as 1 600 spesies van 12 taksonomiese groepe.

Digter Lynthia Julius gesels openhartig

Digter Lynthia Julius gesels oor haar digbundel, Kinderlê. Haar eerste bundel, Uit die kroes, het in 2020 verskyn. In hierdie tweede versameling is die gedigte nou ryper en meer deurleef. Sy praat openhartig oor haar tyd in ’n psigiatriese hospitaal, die vreugdes van ma-wees, maar ook die tragedies van menswees. En so tussendeur is daar lekker Nama-stapmusiek uit die Noord-Kaap waar Lynthia vandaankom.

Lynthia Julius

Landbou: Klimaatsberaad vir jeug; Sitrus-uitvoere 2024

Professor Stephanie Midgley van die Departement Hortologie aan die Universiteit Stellenbosch vertel van die onlangse klimaatsberaad vir die jeug wat deur die Departement Landbou in die Wes-Kaap aangebied is.

Deon Joubert, ‘n spesiale gesant vir marktoegang vir die VSA en Europese markte by die Citrus Growers’ Association of Southern Africa, praat oor vanjaar se seisoen en marktoeganguitdagings.

Wat maak ‘n gedig ‘n balade?

Wat maak van ’n gedig ’n ballade? Sophia van Taak verken die ballade as digvorm. Pieter van Zyl is die voorleser, en daar is ’n hele paar lekker, klassieke Afrikaanse gedigte om na uit te sien, soos D.J. Opperman se Ballade van die Grysland en S.J. du Toit se vertaling van Die Elwekoning.

Is haainette nodig of oorbodig?

Is die feit dat die haainette aan die KwaZulu-Natalse kus onlangs tydens die sardientjie-loop verwyder moes word, nie ‘n aanduiding dat die nette oorbodig is nie?

Is daar ‘n plaasvervanger vir naftaleen om vismotte mee te verdryf?

Hoe kan ‘n mens die koste van ‘n boorgat vooraf bepaal?

En kan ‘n kat ‘n skerpioen dood blaas?

Kundiges beantwoord hierdie vrae in Hoe verklaar jy dit?

Reeks: Die jongste oor diabetes, oorgewig, lewervervetting en Ozempic

Deel 1 Gesondheid 9 Oktober 2024

Ons vind uit wat jy self kan doen om te keer dat jy blind word weens diabetes. En in deel een van ‘n reeks oor die jongste nuus oor diabetesbehandeling, stel ons vas hoe diabetes en oorgewig verskeie ander siekteprobleme kan sneller.

Deel 2 Gesondheid 16 Oktober 2024

In deel 2 van ons reeks oor die jongste oor diabetes-behandeling, fokus ons op oorgewig as die sneller van diabetes en ander siekteprobleme.

Deel 3 Gesondheid 6 November 2024

Hoekom is oorgewig so gevaarlik? Hoekom sukkel mens om gewig te verloor? Hoekom moet swartmark Ozempic vermy word? Hoekom moet hierdie soort middels lewenslank geneem word? Hierdie vrae word beantwoord in die derde episode van ons reeks oor die jongste sienings oor die behandeling van diabetes.

Deel 4 Gesondheid 13 November 2024

Een uit drie mense het vetterige lewersiekte, al weet hulle dit nie. Dié siekte vuur hartsiektes en diabetes aan, en móét behandel word as jy nie jare van jou lewe wil inboet nie. Die doeltreffendste behandeling is om 15 kg gewig te verloor as jy oorgewig is. Mari Hudson praat ‘n internis in die vierde en laaste episode in die reeks oor diabetes.

Luister ook

Gesondheid 2 Oktober 2024

2 Oktober 2024

 

Is jy een van die diabetes-pasiënte wat nalaat om elke jaar vir jou oogondersoek te gaan, omdat jy nog goed kan sien of omdat jy reeds swak sien, en niemand kan jou help nie? Jy maak ‘n reuse fout, want vroeë opsporing kan jou sig red, en selfs vir mense met swak sig kan verdere agteruitgang gekeer word. Mari Hudson praat met ‘n oogarts om meer uit te vind.

Lugmag, Vloot in groot gemors

Suid-Afrika het ‘n kuslyn van meer as 2 800 kilometer, en ‘n ekslusiewe ekonomiese sone in die oseaan van ongeveer 1,5 miljoen vierkante kilometer, groter as Suid-Afrika se landoppervlakte, wat deur die Vloot bedien en beskerm moet word.

In ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag, het die Minister van Verdediging, Angie Motsekga, ‘n baie donker prentjie geskets oor wat in die Vloot en Lugmag aangaan.

Ons praat hieroor met die vryskutjoernalis wat hieroor en oor ander sake vir Rapport berig het, Erika Gibson.