RSG NOU


Ons spesiale Feesseisoenprogramme
2023-12-15
Soos jy weet, stel RSG nooit teleur nie.
Gedurende die feesseisoen gaan RSG programme herhaal waarvan luisteraars deur die loop van die jaar nie genoeg kon kry nie.
Jy kan ook uitsien na gewilde episodes van Musiek Sonder grense en Eurovisie.
Trek jou “Doc Martins” aan en maak gereed vir ‘n hele paar opwindende dokumentêre programme soos Soapvox, Waar noot en woord bymekaar kom, en Worsie het ‘n wors geword.
Wat is ‘n vakansie sonder ons fantastiese radiodramas soos Vyftien minute van Roem, Houvas, Iewers in grys en Die Seekat?
Steek die vuur saam met ons aan op Saterdae, want daar is ‘n hele paar braai-programme in die pyplyn.
Ettienne is in jou geselskap tydens twee Saterdae van 16:00 – 18:00.
So skop jou skoene uit, skink ‘n drankie en geniet RSG se vakansie geselskap.
Besoek RSG se programskedule by rsg.co.za vir al die besonderhede.