Skip to content

Dokumentêre 2025: Swartkops se seesoutpanne

RSG NOU

Dokumentêre 2025: Swartkops se seesoutpanne

2025-02-17

Luister van 2 Januarie elke Donderdagaand om 20:00 na RSG se uiteenlopende dokumentêre en deurkruis Suid-Afrika om sy mense, diere, dorpe en selfs sy soutpanne beter te leer ken. 20 Februarie Swartskops se seesoutpanne Op 20 Februarie gaan Jacques Arendt by Swartkops se soutpanne inloer. Die panne is bekend om sy braaisout wat op talle luisteraars se tjoppies en in hul kospotte beland. Hoe beland die seewater in die panne en hoe woord die braaisout vervaardig? 27 Februarie Paroolwet moet verander Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en boeke, praat op 27 Februarie met verskeie slagoffers asook kenners oor die verandering van die Paroolwet. 6 Maart Die week daarna gaan kuier Ettienne Ludick by die Liedjieboer wat klassieke treffers vir Sonja Herholdt en Laurika Rauch geskryf het. Anton Goosen, wat steeds albums vervaardig en konsert hou, vertel meer oor die mens agter die kunstenaar.

Laurika Rauch in 1979
13 Maart Profieldokumentêr oor Laurika Rauch Jacqui January gesels met Laurika Rauch 20 Maart Kaapstad en Tafelberg se kabelkar is bykans 100 jaar oud en Johan Rademan gaan op 20 Maart meer uitvind oor hierdie toeriste-attraksie wat steeds jaarliks derduisende besoekers lok. Klik hier vir meer inligting oor die dokumentêr.   27 Maart Die kleur van lakens Die dokkie-seisoen word op Donderdag 27 Maart afgesluit met Tharien Oosthuizen se 48 uur saam met ‘n traumaberader, dr. Rian Steenkamp. Hy werk met mense en families wat moet worstel met enigiets wat ‘n lewe bedreig – van ongelukke tot siekte. Daar is min hospitale in Suid-Afrika wat traumaberading bied en dr. Steenkamp vertel van sy daaglikse uitdagings.

Luister weer

2 Januarie Die seisoen skop op Donderdag 2 Januarie om 20:00 af met die omroeper Kobus Rudolph se program oor die Bergklub van Suid-Afrika, die reddingsdienste wat hul bied, die verskillende vorme van bergklim asook hul rol in die bewaring van die natuur. Lees meer oor dié dokumentêr.   9 Januarie Kaalkop die Waarheid ‘n Week later laat val Flip Loots die soeklig op haarverlies – ‘n dilemma vir talle jong én ouer mans. Wat is die redes daarvoor en hoe beïnvloed dit die manier hoe mans sosialiseer? Die dokkie bekyk ook moontlike oplossings.
Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots  het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen. 16 Januarie Die verdwyn van die Afrika pikkewyn Op Donderdag 16 Januarie vertel Martelize Brink dat sommige omgewingskundiges voorspel dat die Afrika-pikkewyn teen 2035 sal uitsterf. Wie kan hiervoor blameer word? En hoekom is daar soveel sektore wat versuim om ‘n oplossing te vind? Lees meer oor dié dokumentêr. 23 Januarie Die ander Jamestown Haidee Muller-Isaacs reis op Donderdag 23 Janurie na die ander Jamestown – ook bekend as Webersvallei. Luisteraars leer ken die mense en kultuur van dié klein dorpie buite Stellenbosch. Lees meer: https://www.rsgplus.org/donderdagaand-dokumenter-oor-jamestown/ 30 Januarie
Mariëtta Kruger
Dan kuier Ina Strydom op Donderdag 30 Januarie by die veteraan-uitsaaier Mariëtta Kruger, wat beide televisie en radio in Afrikaans met haar professionaliteit laat skitter het. Wie is die mens agter hierdie tydlose stem? Lees meer: https://www.rsgplus.org/vanaand-profielsdokumener-oor-mariette-kruger/ 13 Februarie
Screenshot
Die skatkis van die SAUK Die daaropvolgende week, op Wêreldradiodag, gaan snuffel Elsje van Jaarsveld in die SAUK se argief – ‘n skatkis van kosbare klank. Hoe en waar word al hierdie skatte bewaar? En wie is die mense wat daagliks verseker dat alle uitsendings vir die nageslag bewaar word? Lees meer: https://www.rsgplus.org/13-feb-n-skatkis-vol-herinneringe/

Deel nou

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x