RSG NOU


Luister weer na 'Kontant op die kant' oor geldmaak uit 'side hustles'
2024-01-11
Luister vanaand na Kontant op die kant, ‘n dokumentêr deur Renaldo Schwarp.
Die dokumentêr, ‘Kontant op die kant’ gaan nie net oor ekstra geld maak nie; dit gaan oor die eindelose moontlikhede van ekstra inkomste verdien. Dit vertel die verhaal van hoe alledaagse Suid-Afrikaners hul eie verhale herskryf deur ‘n kantwerkie twee.
Dit is die begin van 2024, en meeste worstel met die nagevolge van Desembervakansie-uitgawes. Die universiele spanning oor geld is ‘n punt van kommer. Almal verstaan dit. Almal wil ‘n ekstra geldjie hê, en ons wil dit nou hê.
Wat van ‘n ‘side hustle’ of ‘n ‘kantjoppie’?
Renaldo Schwarp slaan die pad regoor SA om hierdie ekonomiese fenomeen in 'n sterk kultere en historiese konteks te plaas. Die is nie net ‘n storie oor geld of persoonlike finansies nie; dit is ‘n dokumentêr van hoe alledaagse Suid–Afrikaners oplossings vind om hulsef en hul gesinne se lewens te verbeter.
Wat is ‘n ‘side hustle’?
Eenvoudig gestel, is dit 'n ekstra werksgeleentheid wat jy saam met jou gewone werk aanpak. Mense met ‘side hustles’ werk steeds ‘n 9-tot-5, wat hul hoofinkomste is, maar hul pak kantprojekte aan om ekstra inkomste te verdien in hul vrye tyd. 'n ‘Side hustle’ is in sekere opsigte soortgelyk aan 'n deeltydse werk, maar dit bied ver meer beheer as om bloot 'n sekondêre werksvorm aan te pak. Die meeste mense met ‘side hustles’ kies hul eie ure, kliënte en projekte.Wat sê die statistieke?
In 'n BrandMapp-peiling wat in 2022 gedoen is, is bevind 43% van mense wat meer as R10 000 per maand verdien, het 'n ‘side hustle’. Sowat 13% van mense benut geleenthede wat oor hul pad kom. Dit het dikwels met dienste te doen, soos deeltydse administrasiewerk, die installering van satellietskottels of veiligheidskameras, of motorwasdienste. Sowat 5% van respondente beskou hul tweede inkomste as 'n eerste stap in die proses om van loopbaan of nering te verander. Byna twee uit drie mense (64%) sê hulle sal hul heeltydse werk bedank as hul tweede inkomste genoeg geld maak. Die meeste 'kantjoppies' (62%) word fisiek uit die huis uit bedryf en 18% aanlyn. Die persentasie vir aanlyn inkomste is die hoogste in Gauteng (20%) en die laagste in die Noord-Kaap (14%).Ontmoet die gaste:


