RSG NOU


Luister weer in radioteater na ons ligte 'whodunnit'
2023-12-20
Donderdagaand (21 Desember) om 20:00 in RSG se Radioteater kan jy luister na Eleanor Lombard se ligte ‘whodunnit’, Die Skuldige Is Dus..
Die storie
‘n Raaisel is nou maar eenmaal ‘n ding wat opgelos wil word. Oor die jare verkneukel ons ons in die slimgeit van ‘n Sherlock Holmes en ‘n Hercule Poirot. En dan is daar adjudant-offisier Lokkie Homes en sy oor-ywerige assistant Jamie Watson. Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle ondersoek vorder blyk dit dat die slagoffer se hele huishouding elkeen ‘n motief het om hom vankant te maak. Wie is die skuldige? Dit mag jou verras! Eleanor Lombard se drama, Die Skuldige Is Dus.. is ligte tong-in- die-kies vermaak vir (oplettende ) nuuskierige agies. Kyk of jy die raaisel kan oplos voor Lokkie en Jamie dit doen!Die rolverdeling







Agter: Johann Nel, Adriaan Havenga, Cole Wessels, Ronel Geldenhuys en Amor Tredoux, die regisseur.