RSG NOU


Beleef 'The Sound of Music' gratis saam met RSG
2023-12-04
Rodgers & Hammerstein se veelbekroonde The Sound of Music is eersdaags terug op Suid-Afrikaanse verhoë en RSG bied aan luisteraars die kans om hierdie musiekspel voor én agter die skerms te beleef.
’n RSG-luisteraar en nog drie gesinslede (of vriende) kan ’n BBP-ervaring losslaan wat die volgende insluit:
- Ontmoet die akteurs,
- neem ‘n foto saam met die sterre op die verhoog,
- geniet ‘n toer agter die skerms van die immergroen The Sound of Music en
- neem dan jou sitplek in vir die musiekspel wat families steeds wêreldwyd gaande het.



