Verpersoonlik inhoudvoorkeure

Ons gebruik koekies om jou te help om jou soektog doeltreffend te maak, en om sekere funksies te vervul.  Jy sal besonderhede oor al die koekies hier onder vind.

Die koekies was as “noodsaaklik” gekategoriseer is, word op jou webblaier geberg aangesien dit noodsaaklik is om die noodsaaklike gebruiksfunksies van die webblad te aktiveer.... 

Noodsaaklike koekies word vereis om die basiese eienskappe van die blad in werking te stel, soos ‘n veilige intekenfunksie of om jou voorkeure vir toestemming of aanvaarding aan te pas.  Hierdie koekies berg nie enige data wat jou kan identifiseer nie.

Funksionele koekies maak sekere eienskappe of gebruiksfunskies moontlik, soos om die inhoud van die webwerf op sosialemediaplatforms te deel, terugvoering te kry, en ander derdepartyeienskappe

Analitiese koekies word gebruik om te verstaan hoe gebruikers die webwef gebruik.  Hierdie koekies help om inligting te verskaf  soos die getal gebruikers wat die webwerf besoek, die persentasie besoekers wat die webwerf verlaat sonder om spesifieke inhoud te benut of op funksies te reageer, of die kanale of roetes te bepaal wat die gebruiker gevolg het tot by die webwerf. 

Prestasiekoekies word gebruik om die gewildste dele van die webwerf te ontleed en te verstaan ten einde gebruikers se ervaring van die webwerf te verbeter.

Reklamekoekies word gebruik om advertensies te plaas wat ooreenstem met verbruikersvoorkeure, en gebaseer is op vorige besoeke aan webwerwe. Dit word ook gebruik om die doeltreffendheid van reklameveldtogte te bepaal. 

Skip to content

Luister weer: Kan ons nog redeneer?

RSG NOU

Luister weer: Kan ons nog redeneer?

2023-02-17

Vryheid van spraak is deesdae op almal se lippe! Ons praat graag oor onderwerpe wat met geloof, standpunte, gender, gelykheid, menseregte, politiek, alledaagse sake, gemeenskappe, vermaak en bekendes en beroemdes te doen het.

Johann van Lill
Argumente, debatvoering, besprekings en redenasies is deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. En elkeen wat sosiale media gebruik, voel hulle het die reg om hulle opinie oor enige aangeleentheid uit te spreek. Nou meer as ooit, besef mense maar te goed die bepalende mag van sosiale media. Aan die een kant gee dit vir mense ‘n platvorm om hulle stemme te laat hoor of om hulleself sigbaar te maak – daar is mense wat ‘n lewe daaruit maak om mense se menings oor sake te vorm (hulle word opinievormers of “influencers” genoem) – omdat sosiale media sulke sterk verhoudings met die publiek bou. Die donker kant daarvan is egter dat dit ook ‘n mens of organisasie se reputasie kan ruïneer. Rusbankkenners se menings word baie keer meer ernstig opgeneem as werklike kenners … Die vraag wat in die dokumentêr gevra word, is Hoe goed is ons onderleg in die formulering van argumente en standpunte en weet ons hoegenaamd om te redeneer oor ’n saak? Hoeveel keer word daar nie op facebook, twitter en ander soortgelyke platvorms, die persoon aangeval (en soms vernietig) in die naam van die saak, redenasie of gebeurtenis deur mense wat geen grondige kennis het van die kwessie nie. Johan van Lill het in hierdie dokumentêr met verskeie meningsvormers, akademici en filosowe gesels oor die moderne mense se vermoë om logiese argumente te formuleer en hoekom mense op sosiale media reageer soos hulle doen. Hoekom is dit vir ons as moderne mense so belangrik om die kuns om goed te kan redeneer te herontdek? Luister Donderdagaand 16 Februarie om 20:00 na RSG. https://www.rsgplus.org/die-dokumentere-wag-op-jou/    

Deel nou

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x