Dokumentêre seisoen 2025.1: Die skatkis van die SAUK

Luister van 2 Januarie elke Donderdagaand om 20:00 na RSG se uiteenlopende dokumentêre en deurkruis Suid-Afrika om sy mense, diere, dorpe en selfs sy soutpanne beter te leer ken.

13 Februarie

Screenshot

Die skatkis van die SAUK
Die daaropvolgende week, op Wêreldradiodag, gaan snuffel Elsje van Jaarsveld in die SAUK se argief – ‘n skatkis van kosbare klank. Hoe en waar word al hierdie skatte bewaar? En wie is die mense wat daagliks verseker dat alle uitsendings vir die nageslag bewaar word?

Lees meer: https://www.rsgplus.org/13-feb-n-skatkis-vol-herinneringe/

20 Februarie
Swartskops se seesoutpanne
Op 20 Februarie gaan Jacques Arendt by Swartkops se soutpanne inloer. Die panne is bekend om sy braaisout wat op talle luisteraars se tjoppies en in hul kospotte beland. Hoe beland die seewater in die panne en hoe woord die braaisout vervaardig?

27 Februarie
Paroolwet moet verander
Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en boeke, praat op 27 Februarie met verskeie slagoffers asook kenners oor die verandering van die Paroolwet.

6 Maart
Die week daarna gaan kuier Ettienne Ludick by die Liedjieboer wat klassieke treffers vir Sonja Herholdt en Laurika Rauch geskryf het. Anton Goosen, wat steeds albums vervaardig en konsert hou, vertel meer oor die mens agter die kunstenaar.

Laurika Rauch in 1979

13 Maart
Profieldokumentêr oor Laurika Rauch
Jacqui January gesels met Laurika Rauch

20 Maart
Kaapstad en Tafelberg se kabelkar is bykans 100 jaar oud en Johan Rademan gaan op 20 Maart meer uitvind oor hierdie toeriste-attraksie wat steeds jaarliks derduisende besoekers lok.

Klik hier vir meer inligting oor die dokumentêr.

 

27 Maart
Die kleur van lakens
Die dokkie-seisoen word op Donderdag 27 Maart afgesluit met Tharien Oosthuizen se 48 uur saam met ‘n traumaberader, dr. Rian Steenkamp. Hy werk met mense en families wat moet worstel met enigiets wat ‘n lewe bedreig – van ongelukke tot siekte. Daar is min hospitale in Suid-Afrika wat traumaberading bied en dr. Steenkamp vertel van sy daaglikse uitdagings.

Luister weer

2 Januarie
Die seisoen skop op Donderdag 2 Januarie om 20:00 af met die omroeper Kobus Rudolph se program oor die Bergklub van Suid-Afrika, die reddingsdienste wat hul bied, die verskillende vorme van bergklim asook hul rol in die bewaring van die natuur.
Lees meer oor dié dokumentêr.

 

9 Januarie

Kaalkop die Waarheid
‘n Week later laat val Flip Loots die soeklig op haarverlies – ‘n dilemma vir talle jong én ouer mans. Wat is die redes daarvoor en hoe beïnvloed dit die manier hoe mans sosialiseer? Die dokkie bekyk ook moontlike oplossings.

Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots  het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen.

16 Januarie
Die verdwyn van die Afrika pikkewyn

Op Donderdag 16 Januarie vertel Martelize Brink dat sommige omgewingskundiges voorspel dat die Afrika-pikkewyn teen 2035 sal uitsterf. Wie kan hiervoor blameer word? En hoekom is daar soveel sektore wat versuim om ‘n oplossing te vind?

Lees meer oor dié dokumentêr.

23 Januarie
Die ander Jamestown
Haidee Muller-Isaacs reis op Donderdag 23 Janurie na die ander Jamestown – ook bekend as Webersvallei. Luisteraars leer ken die mense en kultuur van dié klein dorpie buite Stellenbosch.

Lees meer: https://www.rsgplus.org/donderdagaand-dokumenter-oor-jamestown/

30 Januarie

Mariëtta Kruger

Dan kuier Ina Strydom op Donderdag 30 Januarie by die veteraan-uitsaaier Mariëtta Kruger, wat beide televisie en radio in Afrikaans met haar professionaliteit laat skitter het. Wie is die mens agter hierdie tydlose stem?

Lees meer: https://www.rsgplus.org/vanaand-profielsdokumener-oor-mariette-kruger/

13 Feb: ‘n Skatkis vol herinneringe

Screenshot

Die dokumentêr, Die SAUK se skatkis, word op 13 Februarie, op Wêreldradiodag om 20:00 op RSG uitgesaai.

In dié dokumentêr deur Elsje van Jaarsveld, word die argiefversameling van die nasionale uitsaaier verken. ‘n Versameling enig in sy soort en eie aan Suid-Afrika.  Dis inderwaarheid volksbesit.

Waar is die Du Plooys van Soetmelksvlei? Wat vang Leon Schuster weer aan in Vrypostige Mikrofoon? Wat kan Wielie Walie die kinders nog leer? En is auntie Stienie nog so kwaai?

Die antwoord lê in die SAUK se argief. ‘n Wonderwêreld van klank en beeld wat strek van 1890 tot in hierdie oomblik. ‘n Skatkis wat geskiedkundige oomblikke soos Suid-Afrika se republiekwording, die koms van televisie in Suid-Afrika en die Springbokke se wêreldbekerrugby-oorwinnings bewaar.  Dit vertel stories wat ons land gevorm het . Klank en beeld van die gebeure op 16 Junie 1976, die Westdene-busramp en die vrylating van Nelson Mandela is juwele in die argief se kroon.

Screenshot

Hier tref jy die voetspoere van wêreldklas joernaliste en vermaaklikheidsterre van ouds aan. Dis waar Elsje van Jaarsveld gaan stap het om die roete tussen geskiedenis, mensestories, opinies en ligte oomblike weer te herleef. En dit lê nog alles daar! In die kelder en grondvloer van die uitsaaisentrum in Aucklandpark, Johannesburg, aktief bestuur met kantore wat wemel van kundige argivarisse.

Tans is dié argivarisse drukbesig om die hele versameling van klank en beeld te digitaliseer.  ‘n Reuse taak wat stewig aan die gang is.  Klank wat vanaf 2012 op radio uitgesaai is, is met moderne tegnologie reeds in ‘n digitale vorm, maar alles wat sedert 1936 met die aanvang van die SAUK-radiostasies uitgesaai is moet omgeskakel word.  Daar is ook toetsuitsendings wat dateer uit die 1920’s en selfs ‘n argaïese klankgreep van Florence Nightingale in 1890.

By Televisiepark, oorkant die hemelhoë radiogebou, word stories bewaar wat nog vlak in Suid-Afrikaners se geheue lê.  Bande met programme van 50/50 met die immergewilde Veldfokus-insetsel staan netjies in ‘n ry, geliaseer volgens spesifieke nommers. Die argivaris kan enige uitsending sedert die eerste televisie-uitsending op 5 Januarie 1976,  in die reuse stoor deur middel van ‘n digitale stelsel in ‘n japtrap opsoor. Vra maar net, en hulle kry dit vir jou.

 

 

Kleingraanprodusente in Swartland in knyp

Dit gaan nie goed met kleingraanprodusente in die Swartland nie. Dit het duidelik geword tydens Graan SA se eerste jaarvergadering in die Wes-Kaap, wat onlangs op Morreesburg gehou is. RSG Landbou het daar met Derek Mathews gesels. Hy praat ook oor tariewe, die liggingsdifferensiaal, en vrystellingsnormes vir nuwe koringkultivars.

Pieter van Wyk van die Riversdal Landbougenoorskap vertel waarna kan ons uitsien by vanjaar se Riversdalskou.

Regsake: Heksery; teistering; kubermisdaad

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor bygelowe en heksery. Hy praat ook oor teistering, en hoe jy jouself kan bekerm.

Spesialisgas Est-Marié McCallahan praat oor kubermisdaad.

Neem kennis van selfskending onder jongmense

Felicia Richardson het as tiener deur baie trauma gegaan, wat daartoe gelei het dat sy haarself begin leed aandoen het. Sy deel haar storie. ‘n Sielkundige praat oor die realiteit van selfskending onder die jeug van Suid-Afrika.

Wes-Kaapse uitvoermelkprodusente aan streng maatreëls onderwerp weens bek-en-klouseer

Alle produsente wat melk aan Wes-Kaapse uitvoermelkverwerkers verskaf, is nou onderworpe aan dieselfde maatreëls as plase wat onder bek-en-klouseer-kwarantyn geplaas is.

South Africa Wine, wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf verteenwoordig, het ‘n omvattende reaksie by die Nasionale Tesourie ingedien oor voorgestelde veranderinge aan wynaksynsbelasting.

Land en Sand met regse Joel Pollak – dalk volgende VSA ambassadeur in SA

Joel Pollak is ‘n Suid-Afrikaans gebore Amerikaner, wat volgens berigte een van die Amerikaanse president, Donald Trump, se gunstelinge is om die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika te word. Pollak is getroud met die anti-apartheidsaktivis, Rhoda Kadalie, se dogter, Julia, wat hy ontmoet het terwyl hy die toespraakskrywer van Tony Leon, destydse DA-leier was. Pollak laat hom gereeld uit oor Suid-Afrikaanse kwessies, en skryf gereeld vir die regse Breitbart News Network. Hy word beskou as een van die mense wat ‘n invloed op Trump se siening oor Suid-Afrika het. Pieter Steyn het land en sand met hom gesels.

Jou gemoed hang af en beïnvloed jou liggaam en andersom

Die brein en liggaam is ‘n geïntegreerde stelsel, en die gees is nie apart van die liggaam nie. Die brein is deur die senuweestelsel aan die res van die liggaam gekoppel, en die liggaam se stelsels, organe en chemikalieë beïnvloed voortdurend die brein. Die ou cliche van kyk mooi na jou lyf, help jou veg teen jou ongelukkigheid. Hoe? Hoekom?