RESEPTE

Frik se Franse sontert (Tarte au soleil)
Frik de Jager
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg 1 eier, geklits 3 eetlepels pesto 1 koppie gerasperde Cheddarkaas 1 eetlepel parmesaankaas 2 eetlepels sesamsaad
Deel nou
Rol die deeg redelik dun uit om twee sirkels daaruit te kan sny - gebruik ‘n bord. Smeer die een sirkel eweredig met die pesto, en sprinkel die kaas bo-oor. Laat ‘n rand rondom van 2,5 cm. Plaas die ander sirkel bo-op, en druk ldit iggies vas. Plaas ‘n glas in die middel, en sny die sirkel in kwarte, en dan elke kwart weer in die helfte om 8 skywe te vorm. Draai elke skyf met 2 of 3 kinkels. Verwyder die glas. Verf die eier oor, en sprinkel sesamsaad oor. Bak op ‘n bakplaat teen 200 grade vir 20 tot 25 minute tot ligbruin en krakerig. Bedien warm - laat elke gas ‘n skyf afbreek. Vir ‘n nagereg kan die pesto en kaas met Nutella vervang word.
Frik se Franse sontert (Tarte au soleil)
Frik de Jager