RESEPTE
Willie se vlaskywe
Willie Strauss
- 1 pak Cream Crackers
- 1 liter melk
- 300 ml suiker
- 70 ml botter
- 120 ml meel
- 70 ml Maizena
- 30 ml vlapoeier
- 2 ml sout
- 100 ml koue water
- Â eiers, geskei en eierwitte styf geklits
- 5 ml karamelgeursel
- 50 ml versiersuiker
- 25 ml suurlemoensap
Deel nou
- Smeer ‘n bak, en pak die Cream Crackers daarin. Sorg dat die halveringslyne almal in een rigting lê.
- Verhit die melk.
- Roer die suiker en botter in, en roer tot gesmelt.
- Verwyder van die stoofplaat.
- Meng die meel, Maizena, vlapoeier, sout en koue water tot ‘n pasta.
- Klits die eiergeel een vir een by. Klits goed.
- Klits van die melkmengsel geleidelik in by die pasta.
- Voeg die pastamengsel terug by die melkmengsel.
- Roer aanhoudend oor lae hitte tot die mengsel verdik.
- Haal van die hitte af.
- Roer die karamelgeursel en styfgeklitste eierwitte in.
- Meng goed.
- Voeg die warm vla bo-op die beskuitjies in die bak.
- Bedek met nog beskuitjies, in dieselfde rigting as die onderstes.
- Laat dit afkoel en plaas dit dan in die yskas.
- Meng die versiersuiker en suurlemoensap tot smeerbaar, en smeer dit oor die beskuitjies.
Willie se vlaskywe
Willie Strauss