RESEPTE
Willie se gebraaide vis
Willie Strauss
- visfilette van jou keuse
- Beslag
- 250 ml koekmeel
- 10 ml visspeserye
- 20 ml wituiesoppoeier
- 5 ml bakpoeier
- 300 ml water
Deel nou
- Sif die droë bestanddele saam.
- Voeg die vloeistof by, klits goed saam.
- Laat die deeg vir 15 minute staan.
- Doop die vis in koekmeel en dan in die deeg.
- Braai die vis in warm olie tot gaar en ligbruin aan elke kant.
- Bedien met aartappels en slaai.
Willie se gebraaide vis
Willie Strauss