RESEPTE
Surita se brood-en-botter-poeding
- 1 gesnyde brood, korsies afgesny (verkieslik 2 dae oud)
- botter
- 4 ekstra-groot eiers
- 2,5 ml sout
- 500 ml (2 koppies) melk
- 500 ml (2 koppies) vars room
- 2 koppies suiker
- 10 ml vanieljegeursel
- 5 ml fyn kaneel
- vars gerasperde neutmuskaat
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- Ekstra: 1 eetlepel suiker
Deel nou
- Verhit die oond tot 180 ⁰C.
- Smeer elke sny boord met botter, en sny dit in twee driehoeke.
- Smeer ʼn oondbak met botter, en pak die snye brood daarin sodat dit met mekaar oorvleuel.
- Klits die eiers, melk, room, suiker, sout, vanielje, neutmuskaat en kaneel saam.
- Giet die melkmengsel stadig oor die brood sodat alles bedek is.
- Druk dit effens plat sodat die melkmengsel deur die brood sypel. Doen ʼn paar keer.
- Strooi die gerasperde suurlemoenskil oor, asook ʼn eetlepel suiker.
- Bak in ‘n Bain-marie - Neem ʼn bak, groter as die bak waarin die broodmengsel is, en vul dit halfpad met warm water. Plaas die bak met die broodmengsel in hierdie bak.
- Bak vir ongeveer 45 minute totdat die brood bruin en krakerig is. Die mengsel onder in die bak sal ʼn sagte vla vorm wat mettertyd sal stol soos dit afkoel. Dis hierdie metode wat die poeding ekstra lekker maak as wat dit gewoonweg net so gebak word.
Opsioneel
Stooi vrugte soos bloublessies, aarbeie, selfs ingemaakte perskeskywe of rosynties, bo-op. Ek hou baie daarvan om die poeding te bedien met gestoofde droëvrugte (500 g) wat ek stadig kook in ʼn koppie water, 1 stokkie heel kaneel en ʼn eetlepel heuning, todat die mengsel ʼn lekker stropie het. Jy kan ook ʼn bietjie brandewyn of whiskey byvoeg as jy die vrugte kook. Bedien met room of ekstra vla.
Surita se brood-en-botter-poeding
Bestanddele
- 1 gesnyde brood, korsies afgesny (verkieslik 2 dae oud)
- botter
- 4 ekstra-groot eiers
- 2,5 ml sout
- 500 ml (2 koppies) melk
- 500 ml (2 koppies) vars room
- 2 koppies suiker
- 10 ml vanieljegeursel
- 5 ml fyn kaneel
- vars gerasperde neutmuskaat
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- Ekstra: 1 eetlepel suiker
Metode