RESEPTE
Liane se Thai klapper-hoenderkerrie
Liane Heyl
- 2 - 3 eetlepels klapperolie (kan met olyfolie vervang word)
- 1 mediumn tot groot ui, in klein blokkies gesny
- 1 hoenderborsie, ontbeen en sonder vel, in happiegrootte blokkies gesny
- 3 knoffelhuisies
- 2 - 3 teelepels gemaalde gemmer (of 1 eetlepel vars gemmer, fyn gekap)
- 2 teelepels gemaalde koljander
- 1 blikkie (1½ koppies) klappermelk
- 1 tot 1½ wortels, gesnipper
- 1 - 3 eetlepels Thai rooikerriepasta, of na smaak (kerriepoeier kan vervang word, na smaak)
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel varsgemaalde swartpeper
- 3 koppies vars spinasieblare
- 1 eetlepel lemmetjiesap
- 1 - 2 eetlepels bruinsuiker (opsioneel en na smaak)
- ¼ koppie vars koljander, fyngekap vir garnering (kan vervang word met basiliekruid) rys en/of naanbrood vir opdienin
Deel nou
- Soteer die ui in die olie in 'n groot pan oor medium tot hoë hitte totdat die ui begin sag word vir sowat 5 minut. Roer kort-kort.
- Voeg die hoender by, en kook vir sowat 5 minute, of tot hoender gaar is. Roer gereeld om egalige gaar word te verseker.
- Voeg die knoffel, gemmer en koljander by, en kook vir sowat 1 minuut of tot geurig. Roer gereeld.
- Voeg die klappermelk, wortels, kerriepasta, sout en peper by, en roer om te kombineer.
- Verlaag die hitte tot medium, en laat die mengsel liggies kook vir sowat 5 minute, of totdat die vloeistofvolume soveel verminder het as wat jy wil, en effens verdik het.
- Voeg die spinasie en lemmetjiesap by, en roer om te kombineer.
- Kook tot die spinasie verlep het en sag is - sowat 1 tot 2 minute.
- Proe en voeg opsioneel bruinsuiker, addisionele kerriepasta, sout, peper, ens. by na smaak.
- Strooi die koljander eweredig oor, en sit dadelik voor.
- Kerrie is die beste wanneer dit warm en vars is, maar sal vir tot ‘n week lugdig in die yskas hou.
Liane se Thai klapper-hoenderkerrie
Liane Heyl