Skip to content

RESEPTE

Jan Braai se trinchado-potjie

Jan Braai

  • 1 kg kruisskyf (rump)
  • sout en peper
  • 1 ui, opgekap
  • 5 knoffelhuisies, opgekap
  • 200 g ontpitte olywe
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels botter
  • 2 lourierblare
  • 1 teelepel rissiepoeier
  • 1 koppie beesvleisaftreksel
  • ½ koppie brandewyn
  • ½ koppie rooiwyn
  • 2 eetlepels sojasous
  • 1 koppie room
  • 1 suurlemoen

Deel nou

  • Geur die steak met sout en peper.
  • Verhit die olyfolie en botter in ’n potjie, en braai die ui en lourierblare tot die ui deursigtig is.
  • Voeg die knoffel en rissiepoeier by, en braai vir nog 2 minute.
  • Voeg die brandewyn, rooiwyn, sojasous, beesvleisaftreksel en olywe by.
  • Verhit tot die sous begin kook.
  • Verlaag die hitte, bedek met 'n deksel en laat dit vir 30 minute prut.
  • Verwyder die deksel, en roer die room by.
  • Rasper die hele skil van die suurlemoen in die potjie in. Gebruik 'n “vlak” rasper sodat net die geel deel met die lekker ruikende olie ingerasper word.
  • Bring tot kookpunt en laat dit prut, onbedek, totdat die sous begin verdik.
  • Braai die steak oor baie warm kole, maar haal dit af terwyl dit nog half rou is (medium rare).
  • Laat die steak vir 5 minute rus, en sny dit dan in dun skywe.
  • Voeg die steak by die potjie, en meng dit met die sous.
  • Haal die potjie van die vuur af.
  • Die ruim hoeveelheid sous is deel van hierdie maaltyd en moet saam met die vleis geniet word, so bedien die trinchado in bakkies en eet die sous met lepels indien nodig.
  • Bedien met roosterkoek.

Jan Braai se trinchado-potjie

Jan Braai

Bestanddele

  • 1 kg kruisskyf (rump)
  • sout en peper
  • 1 ui, opgekap
  • 5 knoffelhuisies, opgekap
  • 200 g ontpitte olywe
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels botter
  • 2 lourierblare
  • 1 teelepel rissiepoeier
  • 1 koppie beesvleisaftreksel
  • ½ koppie brandewyn
  • ½ koppie rooiwyn
  • 2 eetlepels sojasous
  • 1 koppie room
  • 1 suurlemoen

Metode

  • Geur die steak met sout en peper.
  • Verhit die olyfolie en botter in ’n potjie, en braai die ui en lourierblare tot die ui deursigtig is.
  • Voeg die knoffel en rissiepoeier by, en braai vir nog 2 minute.
  • Voeg die brandewyn, rooiwyn, sojasous, beesvleisaftreksel en olywe by.
  • Verhit tot die sous begin kook.
  • Verlaag die hitte, bedek met 'n deksel en laat dit vir 30 minute prut.
  • Verwyder die deksel, en roer die room by.
  • Rasper die hele skil van die suurlemoen in die potjie in. Gebruik 'n “vlak” rasper sodat net die geel deel met die lekker ruikende olie ingerasper word.
  • Bring tot kookpunt en laat dit prut, onbedek, totdat die sous begin verdik.
  • Braai die steak oor baie warm kole, maar haal dit af terwyl dit nog half rou is (medium rare).
  • Laat die steak vir 5 minute rus, en sny dit dan in dun skywe.
  • Voeg die steak by die potjie, en meng dit met die sous.
  • Haal die potjie van die vuur af.
  • Die ruim hoeveelheid sous is deel van hierdie maaltyd en moet saam met die vleis geniet word, so bedien die trinchado in bakkies en eet die sous met lepels indien nodig.
  • Bedien met roosterkoek.

Deel nou

 

Metode

  • Geur die steak met sout en peper.
  • Verhit die olyfolie en botter in ’n potjie, en braai die ui en lourierblare tot die ui deursigtig is.
  • Voeg die knoffel en rissiepoeier by, en braai vir nog 2 minute.
  • Voeg die brandewyn, rooiwyn, sojasous, beesvleisaftreksel en olywe by.
  • Verhit tot die sous begin kook.
  • Verlaag die hitte, bedek met 'n deksel en laat dit vir 30 minute prut.
  • Verwyder die deksel, en roer die room by.
  • Rasper die hele skil van die suurlemoen in die potjie in. Gebruik 'n “vlak” rasper sodat net die geel deel met die lekker ruikende olie ingerasper word.
  • Bring tot kookpunt en laat dit prut, onbedek, totdat die sous begin verdik.
  • Braai die steak oor baie warm kole, maar haal dit af terwyl dit nog half rou is (medium rare).
  • Laat die steak vir 5 minute rus, en sny dit dan in dun skywe.
  • Voeg die steak by die potjie, en meng dit met die sous.
  • Haal die potjie van die vuur af.
  • Die ruim hoeveelheid sous is deel van hierdie maaltyd en moet saam met die vleis geniet word, so bedien die trinchado in bakkies en eet die sous met lepels indien nodig.
  • Bedien met roosterkoek.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x