RESEPTE
Frik se Feta Tiganiti
Frik de Jager
- 400 g houer gewone fetakaas (4 wiele)
- 2 tot 3 velle filodeeg in kwarte gesny, bo-op mekaar
- 2 eetlepels heuning, of meer
- 1 eetlepel sesamsaad
- 4 eetlepels gesmelte botter
Deel nou
- Verhit oond tot 180 grade Celsius.
- Rooster die sesamsaad vinnig in ’n pan vir 1 tot 2 minute.
- Smeer die filokwarte met botter, en plaas ‘n fetawiel op elke kwart.
- Vou die deeg om die feta, en smeer botter bo-oor die deegpakkie.
- Bak vir ongeveer 15 tot 20 minute.
- Haal uit die oond, drup heuning oor en sprinkel die sesamsaad bo-oor.
Frik se Feta Tiganiti
Frik de Jager