RESEPTE
Frazer se Ma se soetrissie-hoenderlewertjies
Frazer Barry
- 500 g hoenderlewertjies, ontdooi en skoongemaak
- halwe rooi ui, fyngekap
- halwe wit ui, fyngekap
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- handvol danja (koljander)
- 1 eetlepel medium kerriepoeier
- 1 stuk gemmer, fyngekap
- 15 ml kookolie
- 4 Thai rissies of enige sterk rissie, fyngekap
- 1 groot eetlepel suurlemoensap
- 125 ml hoenderaftreksel (blokkies kan ook gebruik word)
- 125 ml klappermelk of -room
- knippie sout en peper
- 50 g dadels, fyngekap (voeg by volgens jou voorkeur)
Deel nou
- Braai die uie, knoffel, gemmer, rissies, danja en kerrie tot sag.
- Voeg die hoenderlewer by, en braai tot sag. Roer deurentyd.
- Voeg die dadels by.
- Voeg die hoenderaftreksel en suurlemoensap by, en kook vir sowat 10 minute.
- Voeg klappermelk/room en sout en peper by.
- Bedien met rys, brood of aartappels.
Frazer se Ma se soetrissie-hoenderlewertjies
Frazer Barry