RESEPTE

Abel Knobel se blatjanghoender
Abel Knobel
6 - 8 hoenderporsies (enige snitte, maar ek verkies dye en boudjies) halwe blikkie pynappelstukke 1 - 2 teelepels gemengde knoffel/gemmer vir ekstra geur, of 1 teelepel gemmerpoeier Sous: 1 pakkie bruin uiesop 1 koppie (250 ml) kookwater 1 koppie (250 ml) blatjang 2 eetlepels appelkooskonfyt (opsioneel) ½ koppie (125 ml) mayonnaise
Deel nou
Verhit die oond tot 180 grade C. Plaas die hoender in ‘n oondbak. Strooi 1 teelepel gemmerpoeier (of die ingemaakte knoffel/gemmer) bo-oor, asook sout en peper na smaak. Meng al die sousbestanddele, en voeg dit oor die hoender. Bak vir 1 uur met ‘n deksel op. Haal die deksel af, en bak dit vir nog ‘n uur tot goudbruin. Indien jy dit eerder onder die oondrooster wil plaas, moet dit kort-kort dopgehou word sodat dit nie brand nie. Voeg die ingemaakte pynappelstukke by, en bak verder vir nog minstens 10 minute. Bedien die hoender met rys (ek verkies wit of geelrys).
Abel Knobel se blatjanghoender
Abel Knobel