Skip to content

Martelize Brink

AANBIEDERS​

Martelize Brink

Martelize Brink is die aanbieder van driesestig op RSG. Sy het die program Oggend op RSG vir meer as ‘n dekade aangebied, waarvoor sy 11 ATKV-Mediaveertjies vir Beste Leefstylprogram en onderhoudvoerder gewen het. Martelize is aangewys as Tempo Radio-aanbieder van die jaar in 2013. Sy is ook die vervaardiger en aanbieder van “Martelize se Stamtafel” op ViaTV. Sy vervaardig ook dokumentêre. Sy het in 2003 'n honneursgraad in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Martelize was die programbestuurder vir MFM in Stellenbosch waar sy Ontbyt en Drive aangebied het, en waarvoor sy ook talle toekennings gewen het. Sy is lief vir avontuur en het Tanzanië, Namibië se spergebied en die gorillas in Rwanda besoek. Sy het die Pienk Pikkewyn-projek begin ter ondersteuning van liefdadigheidsorganisasies wat haar buite haar gemaksone uitdaag. Die eerste projek was kajak-roei na Robbeneiland. Sy het 'n passie vir haar familie, vriende, kos, braai en goeie wyn. Sy is al langer as 30 jaar in 'n rolstoel weens 'n siekte wat sy as tiener opgedoen het. In 2017 het sy haar eerste kookboek. Martelize Kook: Jy’s genooi, vrygestel. Daarna het daar nog gevolg. Sy het haar potgooi-platform in 2021 bekend gestel met ’n reeks oor die wynlegendes van Suid-Afrika.

Deel nou