Skip to content

Jóhann Thormählen

AANBIEDERS​

Jóhann Thormählen

Jóhann is reeds meer as 15 jaar in die mediabedryf, waar hy verskeie rolle as sport- en nuusjoernalis, kommunikasiespesialis, mediabeampte en sportkommentator vervul het. Die radiogogga het hom destyds gebyt toe hy as ontleder vir RSG tydens rugbywedstryde begin uitsaai het. Die laaste dekade doen hy ook insetsels soos RSG Rugbyfokus op Saterdae, sportontledings en -verslae, en is hoofkommentator vir regstreekse rugby. Jóhann, ook bekend as JT onder sy vriende, se liefde vir sport het begin toe hy as student by Die Matie-koerant in Stellenbosch ingeval het. Dié boorling van Durbanville is passievol oor goeie taalgebruik, veral in Afrikaans, en anglisismes laat hom soms huil. Hy hou ook van oorsee reis, goeie musiek en kry sy energie by ander mense. Die hoogtepunt van sy uitsaailoopbaan was in 2023 toe hy die Springbokke se naelskraap sege, die eerste van die eenpunt-oorwinnings, teen Frankryk in die Wêreldbeker-kwarteindronde vir RSG uitgesaai het.

Deel nou