AANBIEDERS
JJ Roberts
JJ is ou wat nog altyd van ‘n lekker storie gehou het. Dié dat hy homself in soveel storiestoele bevind - akteur, skrywer, regisseur, stemkunstenaar, en nou aanbieder en programsamesteller van Kortom. “Wat my die meeste van radio fassineer, is hoe mense dit regkry om slegs met klanke ‘n hele ander realiteit te kan skep wat jou verbeelding ver verby sy grense kan skuif.” Dis iets wat hy van kleins af al geleer het om te waardeer, want televisie was daar nie altyd nie, so die saam-lees-en-luister-bande, langspeelstorieplate en die radio, RSG veral, was 'n bron van verbeeldingsgenot tot sy beskikking. Hy hou van sy koffie bietjie soet, bietjie romerig en nie te sterk nie, want die lewe het genoeg bitter smake. In sy vrye tyd is hy ‘n gepubliseerde dramateksversamelaar, want volgens hom, vind hy dit baie interessant om die verskillende style te sien waarin storievertellers hulle stories vertel.