Skip to content

Ina Strydom

AANBIEDERS​

Ina Strydom

Ina is ‘n selferkende onrehabiliteerbare bibliofiel, en hartstogtelik oor Afrikaans. Sy is die aanbieder van Taaldinge op ‘n Sondagoggend, vervaardig dokumentêre programme en kry soms die geleentheid om die regie van ‘n radiodrama te doen – volgens haar “een van die heel lekkerste dinge in die wêreld!” Sy is ook ‘n nuusskrywer by RSG se nuuslessenaar. Haar pad in die uitsaaibedryf het in 2003 by die Afrikaanse televisienuus begin, en sy is sedert 2010 in verskillende hoedanighede by RSG betrokke. Sy sê sy raak gou verveeld en daarom is sy so dankbaar en bevoorreg dat sy juis verskeie dinge by RSG kan doen. “Dis ook ‘n groot verantwoordelikheid want ‘n mens is daagliks in luisteraars se private ruimtes.” Radio is sedert haar kinderdae ‘n onontbeerlike bron van inligting en vermaak – en steeds ‘n daaglikse metgesel. Sy hou van die ooptes van die Karoo; van Beethoven tot Brel; van brood en van braaivleis en van mieliepap, van blou, en van stilte.

Deel nou