AANBIEDERS​
Hazel Janse van Rensburg
Hazel is splinternuut by RSG en op die radio. Sy is op Dinsdae en Donderdae aanbieder die jeugprogram, Kompas. Sy sê radio het haar gekies, en nie andersom nie. Sy het sommer dadelik tuis gevoel, en glo niks in die lewe gebeur ooit toevallig nie. Haar agtergrond is in musiek en televisie. Wanneer sy nie op die radio is nie, is sy iewers in die natuur of in ‘n kwekery, want daar is altyd plek in haar woonstel in Kaapstad vir nog plante. Sy is ook lief vir lees, skryf en enige of alle diere - behalwe krokodille. Hazel se grootste droom is om die gorillas in Tanzanië, Rwanda of Uganda in lewende lywe te gaan beleef. Sy is passievol oor holistiese gesondheid, en opgewonde daaroor om kennis vir jongmense bymekaar te maak om hulle te help om ‘n slaggat of twee op hulle lewenspad te ontduik.