Skip to content

Fritz Klaaste

AANBIEDERS​

Fritz Klaaste

Fritz word weekliks deur luisteraars aangestel as hulle “oudedoos” musiekmaestro van die luggolwe, en is boonop ‘n gesertifiseerde motorfanatikus. Hy is die man met die donkersoet stem met ‘n tikkie stout, en ‘n massiewe hart wat klop op die ritme van alle soorte musiek. Sy are is gevul met 100 oktaan petrol. Hy is ook ‘n selferkende verslaafde aan radio sedert kindsdag, geïnspireer deur die reuk van viniel en die sjarme van outydse radio. Sy Sondagmusiekprogram stel die grenslose energie van regstreekse radio-uitsending ten toon, radiovermaak op sy beste. Wanneer hy nie met RSG se musieksake doenig is nie, is hy heel waarskynlik op ‘n ekskursie in sy motor rondom Johannesburg, of besig in sy SIM (simulator) met ‘n F1 of WRC-wedren, of bak en brou vir sy gesin. Fritz beskou motors as lewende wesens en musiek die pols van die lewe, dus ‘n mallemeule- rondomtalie Charlie.

Deel nou