Skip to content

Eloise Cupido

AANBIEDERS​

Eloise Cupido

Eloise Cupido is ‘n boorling van Montagu in die Klein Karoo. Sy is ‘n veeltalige (Afrikaans, Engels, Frans en Duits), veelsydige aktrise, TV-aanbieder, sanger,  skrywer, MC en stemkunstenaar, wat al sedert 2004 op RSG te hoor is in verskeie kort- en langtermyn vervolgverhale en dramas. Sy verwerf haar BA Dramagraad aan die Universiteit van Pretoria, en begin reeds as tweedejaarsstudent professioneel werk.  ‘n Vryskutloopbaan propvol uiteenlopende projekte, plaaslik sowel as internasionaal, volg. Buiten al die stemwerk in radio- en TV-advertensies , en oorklanking en ‘n magdom TV- en filmproduksies, was Eloise ook by die eerste en tweede Europese Spele in Azerbaijan en Belarus werksaam as sportkommentator. Eloise is kinderlik opgewonde om deel van die RSG-span te wees, want regstreeks uitsaai is haar kos! Sy voel haar grootste prestasie is die geboorte van haar kosbare seuntjie.

Deel nou

Â