Skip to content

Deon Schoeman

AANBIEDERS​

Deon Schoeman

Deon is sedert sy universiteitsdae baie nou betrokke by alle fasette van sport, van speler tot administrateur. Hy was ook betrokke as sportjoernalis by die studentekoerant, Die Perdeby. Hy het hom altyd verwonder aan die eertydse sportkommentators, wat die gawe gehad het om die luisteraar tot op die veld te vat. Hy is werksaam as ‘n plattelandse prokureur en afslaer, en vermy sover moontlik groot stede. Om tyd in die bos, veral in die Kruger-wildtuin, deur te bring, is ‘n hoogtepunt vir hom en sy gesin. Deon is getroud met Katinka en het drie kinders wat hulle baie besig hou. Hy beskou dit as ‘n voorreg om vir RSG-luisteraars rugby te kan uitsaai in 'n taal wat hom baie na aan die hart lê.

Deel nou

Â