Skip to content

Van boek tot silwerdoek

POTGOOI

Van boek tot silwerdoek

Augustus 8, 2024
(4:48 am)

Van die wereld se gewildste rolprente is gebaseer op topverkoperboeke. Maak kennis met klassieke verhale, onvergeetlike flieks en pragtige klankbane.

8 Augustus 2024

Meer as 200 jaar nadat Jane Austen se roman PRIDE AND PREJUDICE verskyn het, word dit steeds wêreldwyd gelees, en dien dit as inspirasie vir Hollywood. Leon van Nierop gesels oor wat rolprentmakers al alles met Jane Austen se boek gedoen het, terwyl Ilse Salzwedel gesels oor die skrywer se lewe en werk.

8 Augustus 2024

45 jaar nadat die fliek uitgereik is, sal die meeste mense waarskynlik steeds dadelik die temamusiek van JAWS herken. Maar dis nie die enigste rede hoekom JAWS steeds as 'n ikoniese rolprent beskou word nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop verklap alles oor die boek en die rolprent.

8 Augustus 2024

Meer as drie dekades nadat dit uitgereik is, sal die meeste van ons steeds dadelik The Mission se klankbaanmusiek herken. Leon van Nierop vertel wat agter die skerms gebeur het tydens die verfilming, en Ilse Salzwedel gesels oor die boek waarop die film gebasseer is. Jy kan ook meer uitvind oor Ennio Morricone, die komponis van die aangrypende musiek.

8 Augustus 2024

Thomas Harris se topverkoperboek wat 'n lokettreffer geword het, is THE SILENCE OF THE LAMBS. Die rolprentweergawe is een van net drie in die geskiedenis van die Oscars wat met die vyf "groot" Oscars bekroon is.

8 Augustus 2024

THE NOTEBOOK was Jonathan Sparks se eerste gepubliseerde roman, en ook die grootste sukses van die elf rolprente wat op sy boeke gegrond is. Leon van Nierop vertel meer oor die fliek, en Ilse Salzwedel gesels oor Sparks se skryfwerk.

6 Augustus 2020

Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor THE SHINING, 'n Stephen King-roman wat deur die bekroonde regisseur Stanley Kubrick in 'n ikoniese rolprent omtower is.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x