Skip to content

Taaldinge

POTGOOI

Taaldinge

Augustus 8, 2024
(4:47 am)

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

11 Mei 2025

Die medesameroepers van ProVARIA, dr. Gerda Odendaal en Marius Swart, vertel vir Ina Strydom meer oor dié projek oor die variëteite van Afrikaans, en hulle portaal wat op VivA se webwerf bekendgestel is.

4 Mei 2025

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se akademiese tydskrif, die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, fokus in sy Maart-uitgawe op Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal, 'n viering en 'n besinning.  Die bestuurshoof van die Akademie, dr. Annelise de Vries, die uittredende hoofredakteur, prof.  Ina Wolfaarst-Grabe, en die twee gasredakteurs, proff. Nerina Bosman en Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom van die belang van die uitgawe, en watter onderwerpe gedek is.

27 April 2025

Die bekende joernalis en vervaardiger Erns Grundling vertel vir Ina Strydom meer oor die televisiereeks, Die stories van Afrikaans.  Die reeks ondersoek die ontstaansgeskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans. 

20 April 2025

Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud.  Maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede.  Dr. Willem Botha van die Paarl vertel verder.  Dit is deel 2 van die gesprek met Ina Strydom.

13 April 2025

Afrikaans as amptelike taal is vanjaar 100 jaar oud, maar die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans strek veel verder as een eeu gelede. Die voormalige hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, gaan haal die verhaal by die begin. Dit is deel 1 van die gesprek met Ina Strydom.

6 April 2025

DF Malherbe was die eerste professor in Afrikaans in die land, en wel by die destydse Grey Universiteitskollege, die voorloper van die Universiteit van die Vrystaat. Dié Universiteit vier Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal met ‘n spesiale DF Malherbe-gedenklesing. Dr. Francois Smith en prof. Henning Pieterse van die UV se Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans vertel vir Ina Strydom meer oor dié geleentheid.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x