POTGOOI

Skrywers en Boeke
Augustus 8, 2024
(4:45 am)
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
14 Mei 2025
Luister na ‘n heruitsending van ‘n onderhoud met Eunice Visser oor haar boek, DIE KAAPSE SLAWE, wat onlangs weer bekroon is. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, deel ‘n lys van interessante nie-fiksie aanbevelings. Johan Myburg het nuus oor twee internasionale romans, THE EMPEROR OF GLADNESS deur Ocean Vuong, en JAMES, deur Percival Everett.
7 Mei 2025
Ilse Salzwedel gesels met Hennie van Deventer, oud-koerantman en skrywer van meer as 20 nie-fiksie boeke, en Elizabeth Wasserman, die skepper van die fantastiese Mevrou Smit, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het vier bydraes uit die internasionale boekewêreld. Hy kyk terug na die onvergeetlike boeke wat presies ‘n eeu gelede in 1925 verskyn het, het nuus oor ‘n nuwe kinderboek oor die gewilde Gruffalo-karakter, vertel meer oor ‘n internasionale skryfkompetisie, en gesels oor die Carol Shields-prys.
30 April 2025
Luister na heruitsendings van onderhoude wat met die pas bekroonde Eben Venter en Gaireyah Fredericks gevoer is oor hulle bekroonde boeke. Eben se DECIMA is met die Hertzogprys bekroon, en Gaireyah se EEN VOET INNIE KAR met die Eugene Maraisprys.
23 April 2025
Ter viering van Wêreldboekedag luister ons na ‘n 1995 dokumentêr oor die skrywer, Alba Bouwer, ‘n vrou wat van baie Afrikaanse kinders lesers gemaak het. Sy was ook bekend as ‘n radiopersoonlikheid, en die skrywer van DIE AFDRAAND VAN DIE DAG IS KIL, ‘n roman vir volwassenes. Johan Myburg vertel meer oor die lewe en werk van Mario Vargas Llosa, die Peruviaanse skrywer en Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook meer uitvind oor VANISHING WORLD, ʼn roman van die Japanse skrywer Sayaka Murata.
16 April 2025
Voel jy skuldig oor al die stapels boeke op jou rakke wat jy nog nie gelees het nie? Ilse Salzwedel het goeie nuus daaroor in vandeesweek se Skrywers en Boeke.
9 April 2025