Skip to content

Ons en die Onderwys

POTGOOI

Ons en die Onderwys

Augustus 8, 2024
(4:40 am)

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

11 Mei 2025

Johan van Lill poraat met onderwyskundige en historikus dr. Jurie Joubert oor multigraadonderrig. Dis ’n tema wat dikwels aan die kantlyn van onderwysdebatte staan, maar van kritieke belang is vir skole in kleiner en landelike gemeenskappe. Hulle bespreek waarom multigraadklasse nie bloot as ’n tydelike of goedkoop oplossing beskou moet word nie, maar as ’n volwaardige pedagogiese benadering met unieke leergeleenthede.

4 Mei 2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Alta Greeff oor die rol van onderwys in die ontwikkeling van mense wat kan werk. Hulle ondersoek watter vaardighede vandag in die werksplek vereis word, en vra of skole en instellings leerders voldoende daarop voorberei.

27 April 2025

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met opvoedkundige sielkundige dr Elzette Fritz oor hoe skole en ouers kinders se sosiale ontwikkeling in die digitale era kan ondersteun. Ons gesels oor wat virtuele vriendskappe presies behels, hoekom dit belangrik is om hierdie tipe verhoudings ernstig op te neem en hoe aanlyn interaksie nie net sosiale vaardighede beïnvloed nie, maar ook die emosionele ontwikkeling van leerders.

20 April 2025

Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting oor hoe skole kan baat by lewensafrigting. Hulle verduidelik wat lewensafrigting is, hoekom dit in skole sin maak, en hoe dit nie net leierskap versterk nie, maar ook ’n positiewe impak op die hele skoolgemeenskap het.

13 April 2025

Johan van Lill praat prof. Michael le Cordeur oor die toekoms van universiteite in Suid-Afrika. Michael was onlangs by die KKNK deel van ’n paneelgesprek, waar daar diep nagedink is oor hoe universiteite moet aanpas by ’n veranderende wêreld.

6 April 2025

Johan van Lill praat met Magdeleen de Kock, projekbestuurder van Curro Esports, oor die opvoedkundige waarde van e-sport. Hulle bespreek temas soos leerderbetrokkenheid, tegnologie, die opvoedkundige waarde, en hoe e-sport toenemend deel word van die onderwyslandskap.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x