Skip to content

Monitor

POTGOOI

Monitor

Augustus 8, 2024
(4:39 am)

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

16 Mei 2025

Nóg Poetin, nóg Zelenski woon die eerste vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland in Turkye by. Duisende inwoners van Knysna is al byna twee weke sonder water. By NAMPO praat Udo Carelse met Graan SA en SAAI oor brandende kwessies.

15 Mei 2025

Parlementslede is geskok oor die polisie se versuim om bewerings van intimidasie deur die InterCape en Golden Arrow-busdienste te ondersoek. 'n Beplande gesprek in Istanboel tussen Kijif en Moskou wankel. Ons kyk na die belangrikheid van tegnologie in die landbousektor.

14 Mei 2025

President Donald Trump smee bande in die Midde-Ooste. Politieke partye reageer op die groep Afrikaners wat as vlugtelinge in die VSA verwelkom is. Ons skakel oor na NAMPO, waar Udo Carelse met Agri SA en TLU SA praat oor boere se talle uitdagings.

13 Mei 2025

Die eerste groep Afrikaner-“vlugtelinge” land in die VSA. Suid-Afrika word in 'n internasionale opname as die sewende beste land beskryf. Die 2025 NAMPO-Oesdag begin amptelik vandag in Bothaville in die Vrystaat.

12 Mei 2025

Hamas sê hy gaan nog 'n Israelse gyselaar vrylaat. 'n Geoloog verduidelik waarom daar sinkgate in Centurion ontstaan. Kommer oor aasvoëlstropings nadat meer as 120 in die Kruger Wildtuin vergiftig is.

9 Mei 2025

Daar is uiteenlopende reaksie op die verkiesing van Pous Leo die veertiende. Fedsas reageer op die verbod op drankverkope op skoolterreine in die Oos-Kaap. 'n Kundige meen die departement van vervoer moet elektroniese rybewyse oorweeg.

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x