Skip to content

Gesondheid

POTGOOI

Gesondheid

Augustus 8, 2024
(4:35 am)

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

14 Mei 2025

Weet navorsers wat die oorsake van outisme is? Of wat in die kind se brein anders verloop? Of in watter stadium van breinontwikkeling dit gebeur? Ons kyk ook na endometriose en eierbevriesing se suksessyfers.

7 Mei 2025

Wat word bedoel met neurodiversiteit? Is dit nou 'n ander naam vir outisme? Kan kinders met outisme werklik gehelp word om beter te kommunikeer en te funksioneer? Hoe weet ouers wat is die beste program vir hulle kind met outisme?

30 April 2025

Hoe diagnoseer reumatoloë spondolo-artritis, lupus en psoriatiese artritis? Kan die agteruitgang en skade wat met dié reumatologiese siektes gepaard gaan, gekeer word?

23 April 2025

Die ouderdom, gehalte en hoeveelheid eierselletjies wat ‘n vrou beskikbaar het, speel ‘n groot rol in suksesvolle vrugbaarheids-behandeling. Daarom is die bevriesing van eierselletjies terwyl die vrou in haar dertigs is, belangrik. Nou is navorsers besig met nuwe metodes om die ge-oeste eierselletjies nóg beter te laat ontwikkel.

16 April 2025

Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?

9 April 2025

Bly die mRNA van die Covid-enststof net ‘n paar dae in jou liggaam? Kan die stekelproteïen verbind word met ander skade, buiten hartskade?

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x