Egskeiding kan op verskeie vlakke geweldig ingewikkeld wees. In baie gevalle is dit net een party wat gevra het vir ’n egskeiding. Hoe moet die ander party met die keuse saamleef? Daar is ook gevalle waar ‘n individu kies om te skei, maar ‘n emosionele insinking ervaar ná die egskeiding. Vind uit hoe om aan te beweeg ná ’n egskeiding.