Genadedood of bystanddood wanneer ʼn geneesheer ʼn terminaal siek pasiënt help om sy of haar lewe te beëindig, is ʼn hoogs omstrede onderwerp. Terwyl al hoe meer stemme opgaan om bystanddood in Suid-Afrika te wettig, worstel baie mense met die etiese, morele en godsdienstige implikasies daarvan. Jean Oosthuizen gesels met die filosoof, prof. Anton van Niekerk, en ʼn narkotiseur, dr. Heinz Mödler, uit ʼn ander hoek oor genadedood. Kan dit moreel geregverdig word om iemand onder bepaalde omstandighede te help sterf?