Die afgelope dekade was daar verskeie aansprake oor nabydood-ervarings van mense wat beweer hulle het ʼn blik gehad op die lewe na die dood. Opspraakwekkende verhale word vertel, wat as bewyse aangevoer word dat die mens se bewussyn afsonderlik van die liggaam kan bestaan en bestaande aannames oor bewussyn in die neurowetenskap bevraagteken. Jean Oosthuizen gesels met bybelwetenskaplike prof. Pieter Craffert en narkotiseur dr. Heinz Modler oor nabydood-ervarings.