Jean Oosthuizen gesels vanuit ʼn ander hoek oor sendingwerk. Sy gaste is die Ou Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, en die teoloog, dr. Willa Boezak. Jean wil by hulle weet of sendingwerk altyd so lofwaardig is soos wat baie mense dink, en wat die invloed daarvan op veral die land se inheemse bevolking was.