Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer Dana Snyman deel sy sabbatsreis om by emosionele genesing uit te kom nadat sy verloofde, Anette Roberts, haar eie lewe geneem het. “Die lewe is kort en kosbaar. Al manier hoe jy dit sinvol kan probeer leef, is om te probeer liefhê – jouself, wat ook baie keer baie moeilik is, maar ook die mense rondom jou.”