Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se akademiese tydskrif, die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, fokus in sy Maart-uitgawe op Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal, ‘n viering en ‘n besinning.  Die bestuurshoof van die Akademie, dr. Annelise de Vries, die uittredende hoofredakteur, prof.  Ina Wolfaarst-Grabe, en die twee gasredakteurs, proff. Nerina Bosman en Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom van die belang van die uitgawe, en watter onderwerpe gedek is.