Dit word beskou as een van die wêreld se moeilikste en uitdagendste wedlope – die Atacama Crossing. Dis ‘n 250 kilometer wedloop deur die Atacama-woestyn in Chilé en word oor ‘n paar dae gehardloop. Benewens dat dit in die woestyn gehardloop word, maak die hoogte bo seespieël dit ‘n nóg moeiliker uitdaging.

Marco Grobbelaar het onlangs hierdie wedloop voltooi – en nie net voltooi nie, hy was eerste in sy ouderdomsgroep en het in die algehele vyfde plek geëindig.