Ilse Salzwedel gesels met Sandy Schoeman, wie se eerste twee boeke (ROOILETTERKIND en CHAKALAKA UIT ‘n BLIKKIE) albei bekroon is. Jy kan ook uitvind watter boeke het die kortlys vir die baie gesogte letterkundige pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehaal. Johan Myburg gesels oor die kortlys van die 2025 Womens Prize for Fiction, die 62ste Bologna-kinderboekskou en die kortlys van die 2025 Dublin-letterkundeprys. Hy het ook ‘n bydrae oor Heart of Darkness, die novelle van die Pools-Engelse skrywer, Joseph Conrad, wat onlangs in Afrikaans vertaal is deur Fransi Phillips. En jy kan ook uitvind wie die wenners is van die baie gesogte 2025 Windham-Campbell-pryse in Brittanje.