RSG se dramaseisoen skop vanaand af met die eerste drama wat om 20:00 uitgesaai word. Luisteraars kan uitsien na oorspronklike wentekste van die RSG Radiodramaskryfkompetisie, wat ons saam met die ATKV aanbied. Daar is onvergeetlike stories en ‘n paar verrassende nuwe klanke. Al die dramas is op potgooi beskikbaar, en dis uiters gewild. Om ons te vertel van hierdie seisoen, sluit RSG se dramahoof, Estel de Beer, by ons aan.